Psalms 2
Afrikaans PWL
1Waarom is die nasies in opstand en beplan die volke nuttelose dinge?

2Die konings van die aarde het standpunt ingeneem en die heersers hou saam raad teen יהוה en teen Sy Gesalfde en sê:

3“Laat ons Hulle bande stukkend skeur en Hulle toue van ons af weggooi!”

4Hy wat in die hemele sit, lag; יהוה spot met hulle.

5Dan sal Hy met hulle praat in Sy woede en hulle beangs maak in Sy toorn en sê:

6“Ek het My Koning aangestel op Tziyon, My afgesonderde berg,”

7“om My belofte te verklaar. יהוה het vir My gesê: ‘Jy is My Seun, vandag het Ek geboorte gegee aan jou.

8Vra van My en Ek sal sekerlik die nasies gee as Jou erfenis en die eindes van die aarde as Jou besitting.

9Jy sal hulle vernietig met ’n ysterstaf, Jy sal hulle stukkend slaan soos erdeware.’”

10Nou, daarom, o konings, wys onderskeidingsvermoë; wees gewaarsku, o regters van die aarde!

11Dien יהוה met respekvolle vrees en juig met bewing.

12Bewys eer aan die Seun sodat Hy nie kwaad word en julle op die pad vergaan nie, want Sy toorn kan gou ontvlam. Hoe gelukkig is almal wat in Hom vertrou!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 1
Top of Page
Top of Page