Psalms 24
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Die aarde behoort aan יהוה en alles wat daarin is, die wêreld en almal wat daarin bly,

2want Hy het die aarde se fondasies in die seë gevestig en aan dit riviere gegee.

3Wie mag opgaan op die berg van יהוה of wie mag staan in Sy Afgesonderde Plek?

4Hy wat rein hande en ’n suiwer verstand, wil en emosie het, wat nie valslik by sy lewe gesweer en nie met misleiding ’n eed afgelê het nie.

5Hy sal die seën van יהוה en onpartydige opregtheid van God, ons Verlosser, ontvang.

6Dit is die geslag van hulle wat U soek, wat U Teenwoordigheid soek, o God van Ya’akov.

7Lig op julle koppe, o poorte en word opgelig, o ewige deure, sodat die Koning van lof, eer en aanbidding kan ingaan!

8Wie is die Koning van lof, eer en aanbidding? יהוה, sterk en magtig, יהוה magtig in die geveg.

9Lig op julle koppe, o poorte en word opgelig, o ewige deure, sodat die Koning van lof, eer en aanbidding kan ingaan!

10Wie is die Koning van lof, eer en aanbidding? יהוה-Tzva’ot (van die leërmag), Hy is die Koning van lof, eer en aanbidding vir ewig!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 23
Top of Page
Top of Page