Psalms 25
Afrikaans PWL
1Van Dawid. Tot U, o יהוה, lig ek my lewe op.

2My God, in U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande nie oor my triomfeer nie.

3Ja, almal wat in U vertrou, sal nie beskaamd staan nie; laat die bose beskaamd staan met hulle nietighede.

4Wys my U manier van doen, o יהוה; leer my U paaie.

5Lei my in U waarheid en leer my, want U is my God en My Verlosser. Op U wag ek die hele dag.

6יהוה, onthou U sagte omgee en U liefdevolle goedheid, want dié is van ewigheid af.

7Onthou nie die sondes of rebellie van my jeug nie, maar onthou my volgens U onverdiende goedheid, ter wille van U goedheid, o יהוה!

8יהוה is goed en opreg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die manier van lewe.

9Hy sal die swakkes lei in die regverdige oordeel en die behoeftiges leer in Sy lewenswyse.

10Al die paaie van יהוה is liefdevolle goedheid en waarheid vir dié wat Sy verbond en Sy getuienisse hou.

11Om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil, יהוה, spreek my vry van my onregverdigheid, want dit is groot.

12Wie is die man wat יהוה respekvol vrees? Hy sal hom leer aangaande die lewenswyse wat hy gekies het.

13Hy sal lewe in voorspoed en sy nageslag sal die aarde besit.

14Die geheime van יהוה is vir dié wat Hom respekvol vrees en Hy sal Sy verbond aan hulle bekend maak.

15My oë is voortdurend op יהוה, want Hy sal my voete uit die net bevry.

16Draai na my toe en bewys aan my onverdiende guns, want ek is heeltemal alleen en geteister.

17Die moeilikhede van my verstand, wil en emosie is vermenigvuldig; lei U my uit my moeilikhede.

18Kyk na my teistering en my moeite en vergeef al my sondes.

19Kyk na my vyande, want hulle is baie en hulle haat my met ’n onregverdige haat.

20Bewaar my lewe en bevry my, want ek het op U vertrou.

21Die onskuldige en die opregte volg my omdat ek op U vertrou.

22God, het Yisra’el verlos van al sy onderdrukkers!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 24
Top of Page
Top of Page