Psalms 23
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה is my Herder, ek sal niks nodig hê nie.

2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy lei my langs rustige waters.

3Hy vernuwe my lewe. Hy lei my op die paaie van onpartydige opregtheid, ter wille van Sy Karakter en Outoriteit (Naam).

4Al loop ek deur die vallei van die skaduwee van die dood, sal ek geen boosheid vrees nie, want U is by my; U stok en U staf, hulle vertroos my.

5U berei ’n tafel voor my voor in die teenwoordigheid van my teëstanders; U salf my kop met olie; my beker loop oor.

6U goedheid en onverdiende guns sal my sekerlik volg al die dae van my lewe en ek sal vir ewig in die huis van יהוה bly.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 22
Top of Page
Top of Page