Psalms 122
Afrikaans PWL
1’n Lied vir die opgaan na die feeste; van Dawid. Ek was verheug toe hulle vir my gesê het: “Laat ons na die huis van יהוה gaan!”

2My voete sal in jou poorte staan, o Yerushalayim!

3Yerushalayim is gebou soos ’n stad wat omring is deur ’n muur,

4waarheen die stamme opgaan, die stamme van יהוה, tot getuienis van Yisra’el, om met uitgestrekte hande die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה te loof,

5want daar is trone van oordeel opgestel, die trone van die huis van Dawid.

6Bid vir die vrede van Yerushalayim; hulle wat jou liefhet, sal voorspoedig wees!

7Mag vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid binne jou mure wees en veiligheid binne jou paleise!

8Ter wille van my broers en my vriende sal ek nou sê: “Vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid in jou!”

9Ter wille van die huis van יהוה, ons God, sal ek soek wat goed is vir jou.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 121
Top of Page
Top of Page