Psalms 123
Afrikaans PWL
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Ek lig my oë op na U wat in die hemel woon.

2Let op, soos die oë van die diensknegte na hulle meesters gerig is en soos die oë van die diensmaagd na haar meesteres gerig is, so is ook ons oë op יהוה, ons God, gerig totdat Hy onverdiende guns aan ons bewys.

3U onverdiende guns; o יהוה, bewys aan ons U onverdiende guns, want ons het baie veragting aangehoor.

4Ons lewe het genoeg gehad van die spot van die selftevredenes en genoeg van die veragting van die trotsaards!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 122
Top of Page
Top of Page