Psalms 121
Afrikaans PWL
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Ek lig my oë op na die berge, van waar sal my hulp kom?

2My hulp is van יהוה wat hemel en aarde gemaak het.

3Hy sal jou voet nie laat struikel nie; jou Bewaarder sal nie sluimer nie.

4Let op, die Bewaarder van Yisra’el sal nie sluimer of slaap nie.

5יהוה is jou Bewaarder; יהוה sal jou beskerm met Sy regterhand.

6Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie in die nag nie.

7יהוה sal jou bewaar van alle boosheid, Hy sal jou lewe bewaar.

8יהוה sal jou uitgaan en jou ingaan bewaar, van nou af aan vir ewig.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 120
Top of Page
Top of Page