Spreuke 11
Afrikaans PWL
1Vals weegskale is vir יהוה verwerplik, maar Hy het vreugde in regte gewigte.

2Waar arrogansie kom, kom die skande, maar by die nederiges is wysheid.

3Die versekerde verwagting van die opregtes sal gegee word, maar die trots van die bose sal vernietig word.

4Rykdom bevoordeel nie op die dag van woede nie, maar onpartydige opregtheid bevry van die dood.

5Die onpartydige opregtheid van die volmaakte sal sy pad rig, maar die bose sal val deur sy eie boosheid.

6Die onpartydige opregtheid van die volmaakte bevry hulle, maar die oortreders sal gevang word in hulle eie boosheid.

7Wanneer ’n bose man sterf, vergaan sy verwagtinge en die hoop van die boosdoeners vergaan.

8Die regverdige word bevry uit moeilikheid en die bose kom in sy plek.

9Deur sy mond vernietig die bose man sy naaste, maar deur kennis sal die regverdiges versterk word.

10Wanneer dit goed gaan met die regverdiges, word die stad kragtig; wanneer die bose verlore gaan is daar uitroepe van vreugde.

11Deur die seën van die opregtes word die stad opgehef, maar deur die mond van die bose word dit omvergewerp.

12Hy wat sy naaste verag, kom insig kort, maar ’n verstandige man leef in vrede.

13’n Teëstander openbaar geheime, maar hy wat betroubaar is in sy gees, bedek die saak.

14’n Volk sonder leier sal val, maar in die veelheid van raadgewers is bevryding.

15Hy wat vir ’n vreemdeling borg staan, word sleg vernietig, maar hy wat haat wie die handskud gee, is veilig.

16’n Sagte, mooi vrou behou die eer van haar man, ’n vrou wat die waarheid haat is ’n plek van oneer. Lui mans is behoeftig, al is hulle ryk en sterk mans behou kennis.

17’n Man van goedheid doen goed aan sy eie lewe, maar ’n wreedaard vernietig sy eie vlees.

18Die bose man doen ’n misleidende werk, maar hy wat onpartydige opregtheid saai, het ’n ware beloning.

19’n Seun wat in onpartydige opregtheid grootgemaak is, leef lank, maar hy wat boosheid najaag, jaag na sy eie dood.

20Die wat pervers van verstand, wil en emosie is, is vir יהוה verwerplik, maar die wat opreg is in hulle lewe, is Sy vreugde.

21Hy wat sy hand teen sy naaste uitsteek sal nie ongestraf bly nie, maar die nageslag van die regverdige sal bevry word.

22Soos ’n goue ring in ’n vark se snoet, so is ’n mooi vrou sonder goeie oordeel.

23Die begeerte van die regverdiges is net goed, maar die verwagting van die bose is toorn.

24Daar is hy wat sy saad na buite uitstrooi en tog baie inbring en hy wat bymekaarmaak wat nie syne is nie en tog minder het.

25Die lewe wat seën, sal verryk word en hy wat vloek sal meer vervloek word.

26Hy wat graan terughou in die tyd van nood, sal in die hande van sy vyande val, maar ’n seën sal op die kop wees van hom wat dit verkoop.

27Wie ywerig die goeie soek, sal voortdurend guns vind, maar die kwaad sal kom op hom wat dit soek.

28Hy wat op sy rykdom vertrou, sal val, maar die regverdiges sal floreer soos groen blare.

29Hy wat sy huis bou in valsheid, sal hartseer vir sy kinders nalaat; hy wat faal om sy huis kalm te maak, sal wind vir sy kinders nalaat; die dwaas sal ’n slaaf wees van die wyse.

30Die vrug van die regverdige is ’n boom van lewe, maar die lewe van die bose sal uitgedryf word.

31As die regverdige in moeilikheid leef, hoeveel te meer die bose en die sondaar!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 10
Top of Page
Top of Page