Spreuke 12
Afrikaans PWL
1Hy wat dissipline liefhet, het kennis lief, maar hy wat teregwysing haat, is ’n dwaas.

2Die goeie man verkry guns van יהוה, maar die bose sal veroordeel word.

3’n Man sal nie gevestig word deur boosheid nie, maar die wortel van die regverdiges sal floreer.

4’n Moreel goeie vrou is ’n kroon vir haar man, maar een wat boos doen vernietig haar man soos ’n boorwurm en ’n termiet.

5Die gedagtes van die regverdiges is opreg, maar die berading van die bose is bedrog.

6Die raad van die bose is om te lê en wag op bloedvergieting, maar die mond van die opregtes sal hulle bevry.

7Die bose sal omvergewerp word en nie gevind word nie, maar die huis van die regverdiges sal staan.

8Volgens sy insig sal ’n man aangeprys word, maar hy wat insig kort, sal verag word.

9’n Arm man wat homself bedien, is beter as een wat trots is en tog gebrek het aan brood.

10Die regverdige man neem die lewe van sy dier in ag, maar die omgee van die bose word onderdruk.

11Hy wat sy land bewerk, sal versadig wees met brood, maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan insig.

12Die bose begeer om boos te doen, maar die wortel van die regverdiges sal uitspruit.

13Die bose word gevang deur die rebellie van sy lippe, maar die regverdige sal uit die moeilikheid kom.

14’n Goeie man sal versadig word deur die goedheid van sy mond en die beloning van ’n man se hande, sal aan hom gegee word.

15Die lewenswyse van ’n dwaas is reg in sy eie oë, maar hy wat na raad luister en dit doen is wys.

16Die dwaas se woede is gou bekend, maar die skrander man verberg sy skande.

17’n Regverdige man praat die waarheid soos dit duidelik is, maar ’n valse getuie is bedrieglik.

18Daar is hulle wie se woorde soos die steek van ’n swaard is, maar die tong van die wyse genees.

19Lippe van waarheid gaan reguit vorentoe, maar die tong van ’n leuenagtige getuie is boos.

20Bedrog is in die verstand, wil en emosie van die bose wat boosheid beplan, maar die wat raad gee oor vrede sal vreugde hê.

21’n Bedrieglike ding is nie goed in die oë van die regverdige nie, maar die bose is vol boosheid.

22Leuenagtige lippe is vir יהוה verwerplik, maar hulle wat getrou optree is Sy vreugde.

23’n Skrander mens is die sitplek van kennis, maar die verstand, wil en emosie van die dwase verkondig boosheid.

24Die hand van die hardwerkendes sal heers, maar die bedrieglike sal moet betaal.

25’n Vreesagtige woord bekommer ’n mens se verstand, wil en emosie, maar ’n goeie woord maak dit bly.

26Die regverdige gee goeie raad vir sy buurman, maar die lewenswyse van die bose sal hulle laat afdwaal.

27Die bedrieglike man sal nie sy prooi vind nie, maar die skat van die hardwerkende man is kosbaar.

28Op die pad van onpartydige opregtheid is lewe, maar die pad van vyandigheid lei na die dood.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 11
Top of Page
Top of Page