Spreuke 10
Afrikaans PWL
1Die spreuke van Shlomo: ’n wyse seun verbly sy vader, maar ’n dwase seun bring depressie oor sy moeder.

2Skatte deur boosheid verkry, bring geen voordeel nie, maar onpartydige opregtheid bevry van die dood.

3יהוה sal nie die lewe van die regverdige van honger laat omkom nie, maar die begeertes van die bose stoot Hy weg.

4Hy word arm wat met ’n misleidende hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.

5Hy wat in die somer werk, is ’n verstandige seun, maar hy wat slaap in die oestyd, is ’n seun wat skande veroorsaak.

6Seëninge is op die kop van die regverdige, maar geweld bedek die mond van die bose.

7Die nagedagtenis van die regverdige is ’n seën, maar die erfgenaam van die bose sterf uit.

8Hy wat wys van verstand, wil en emosie is, aanvaar opdragte, maar hy op wie se lippe dwaasheid is, sal uitgevang word.

9Hy wat in opregtheid lewe, lewe veilig, maar hy wat pervers lewe sal bekend wees.

10Hy wat misleidend met sy oog knip, veroorsaak pyn, maar hy wat openlik teregwys, maak vrede.

11Die mond van ’n regverdige man is ’n fontein van lewe, maar die mond van die bose is bedek met geweld.

12Haat veroorsaak twiste, skande sal al die bose oordek.

13Hy wat wysheid voortbring uit sy lippe, sal hom wat insig kortkom met ’n lat slaan.

14Die wyse verberg sy kennis, maar ’n haastige mond is naby vernietiging.

15Die rykdom van die ryk manne is hul sterk stede; die vernietiging van die behoeftiges is hulle armoede.

16Die werk van die regverdige is tot Lewe; die opbrengs van die bose is tot sonde.

17Die ware lewenswyse aanvaar tugtiging, maar hy wat teregwysing haat is ’n dwaas.

18Die lippe van die bose is vol misleiding en hy wat ’n vloek uitspreek, is ’n dwaas.

19Die bose kan nie bevry word deur ’n oorvloed van woorde nie, maar hy wat sy lippe inhou, is wys.

20Die tong van die regverdige is soos uitgesoekte silwer; die verstand, wil en emosie van die bose is vol bitterheid.

21Die lippe van die regverdige is vol onverdiende guns, maar die dwase sterf deur die gebrek aan wysheid.

22Die seën van יהוה bring rykdom en daar sal geen smart in wees nie.

23Dit is ’n grap vir die dwaas om ’n slegte plan uit te voer, maar ’n man van insig het wysheid.

24Die vrees, wat die bose dryf, sal oor hom kom, maar die begeerte van die regverdiges sal vervul word.

25Soos die warrelwind skielik verbygaan, so sal bose mense vergaan en nie meer wees nie, maar die regverdige is ’n ewigdurende fondasie.

26Soos groen druiwe skadelik is vir die tande en soos rook vir die oë, so maak boosheid hom, wat daaraan oorgegee is, seer.

27Respekvolle vrees vir יהוה verleng die lewe, maar die jare van die bose sal verkort word.

28Die versekerde verwagting van die regverdiges sal vreugde wees, maar die verwagting van die bose sal vergaan.

29Die lewenswyse van יהוה is krag vir die opregte, maar daar sal vernietiging vir die werkers van sinnelose boosheid wees.

30Die regverdige sal nooit verwyder word nie, maar die bose sal nie die land bewoon nie.

31Die mond van die regverdige bring wysheid voort, maar die perverse tong sal stilgemaak word.

32Die lippe van die regverdige weet wat goed is, maar die mond van die bose praat perverse dinge.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 9
Top of Page
Top of Page