Job 40
Afrikaans PWL
1יהוה het Iyov verder geantwoord en gesê:

2“Die raadgewings van God is baie. Hy wat God teregwys, moet daarvoor antwoord!”

3Toe het Iyov יהוה geantwoord en gesê:

4“Let op, ek is onwaardig. Wat sal ek U antwoord? Ek sal my hand op my mond lê.

5Een maal het ek gepraat, maar ek sal nie antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie verder gaan nie.”

6Toe het יהוה vir Iyov vanuit die warrelwind geantwoord en gesê:

7“Gord nou jou heupe vas soos ’n man; Ek sal jou ondervra en jy sal aan My verklaar:

8wil jy My oordeel tot niet maak, My selfs veroordeel sodat jy geregverdig mag wees?

9Het jy ’n arm soos God, of kan jy donder met ’n stem soos Hy?

10Versier jou nou met majesteit en hoogheid en beklee jou met lof, eer en skoonheid!

11Gooi die toorn van jou woede uit en kyk na elkeen wat trots is en verneder hom

12en gooi die sondaars af in hul plek.

13Begrawe hulle almal saam in die grond; bedek hulle gesigte met fyn stof,

14dan sal Ek jou ook krediet gee wanneer jou eie regterhand jou gered het.

15Let op die behemoth wat Ek vir jou gemaak het; hy eet gras soos ’n bees.

16Let op, sy krag is in sy kruis en sy stert staan regop soos ’n sederboom.

17Die senings van sy dye bult uit.

18Sy gebeente is sterk soos stukke koper, ja, hulle is soos ysterstawe.

19Hy is die hoof van God se skeppinge, want Hy het hom kragtig gemaak om te veg.

20Hy gaan rond in die berge en al die wilde diere van die veld lê onder sy beskerming.

21Hy lê en wag in die skuilplek van riete, hy hurk soos ’n leeu.

22Die skadubome bedek hom met hulle skaduwee; die wilgers van die spruit omring hom.

23Let op, as hy in die rivier spring, is hy nie bang nie, hy is selfversekerd, al kom die Yarden tot by sy mond.

24Kan iemand hom met ’n haak vat of vang met ’n net? Kan een hom lei in ’n strik of sy tong vasbind met ’n tou?

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 39
Top of Page
Top of Page