Job 41
Afrikaans PWL
1Kan jy die livyatan met ’n hoek vang, of hom, met ’n tou in sy mond, uittrek?

2Kan jy ’n toom in sy mond sit, of sy kakebeen met ’n doring deurboor?

3Sal hy jou baie smeek of vleiende woorde met jou praat?

4Sal hy ’n verbond met jou sluit, of sal jy hom vir altyd as slaaf beskou?

5Sal jy met hom speel soos met ’n voël of hom hou as ’n troeteldier vir jou meisiekinders?

6Sal vissermanne oor hom bymekaarkom, hom verdeel onder baie mense?

7Kan jy sy vel stop met vleis, of sy kop braai oor vuur?

8Probeer om hom te vang; wat ’n geveg sal jy hê! Jy sal dit nooit vergeet nie.

9Let op Iyov, jy word nou vrygestel van jou smart; so sal jou God ook jou bitterheid verwyder.

10Jy kan nie ver kom as die livyatan opgewek word nie, maar wie kan dan voor My staan?

11Wie het voorrang bo My sodat Ek moet oorgee?

12Wat ook al onder die hele hemel is, is Myne.

13Ek sal nie stilbly weens sy krag en die sterkte van sy senings nie.

14Wie het sy vel verwyder? Wie kan naby hom kom as die net laat sak word?

15Wie kan die deur van sy mond oopmaak? Sy tande is verskriklik, reg rondom.

16Sy mond is vasgebind en stewig toe, soos met ’n seël.

17Sy tande is so naby aan mekaar dat geen lug tussen hulle kan kom nie.

18Hulle is vas, een aan die ander, hulle sit aan mekaar vas sodat hulle nie geskei kan word nie.

19Sy voorkoms is vol lig en sy oë is soos die strale van die sonsopkoms.

20Uit sy mond kom brandende lampe en vonke van vuur spat uit.

21Uit sy neusgate kom rook, soos die vlam wat versprei rondom ’n pot.

22Sy asem steek kole aan en ’n vlam kom uit sy mond.

23Hy het groot krag in sy nek en vir hom is vrees soos om te dans.

24Sy vleis is goed, vet en goed versorgd.

25Sy binneste is nooit uit vrees laat bewe nie, maar is hard soos ’n klip, ja, soos vuursteen.

26As gevolg van vrees vir hom is die magtiges bang

27en die sterkes word verneder.

28Die wond van ’n swaard het geen effek nie; hy verwyder die lanse van die magtiges.

29Hy beskou yster as strooi en koper soos verrotte hout.

30Die boog kan hom nie laat vlug nie; hy behandel slingerstene soos stoppels.

31Hy lag vir die spies; hy is so tuis in die dieptes soos op die droë grond.

32Met sy sterk liggaam loop hy op die grond.

33Hy vernietig, wat ook al trots is.

34Hy is koning oor alles in die dieptes.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 40
Top of Page
Top of Page