Job 39
Afrikaans PWL
1Ken jy die tyd wanneer die Ibex lam teen die steil rotse, of kan jy sien wanneer takbokooie lam?

2Kan jy die maande tel wat hulle voltooi en die tyd weet wanneer hulle lam

3en wanneer hulle neerbuig en hul kleintjies voortbring?

4Hulle maak die kleintjies groot totdat hulle groot is en gespeen word.

5Wie het die wilde-donkie gelos om vry te wees en hom die juk laat ontsnap?

6Want hy het die vlakte sy huis gemaak en die soutland sy blyplek.

7Hy spot met die menigte stede en is nie bang vir die stem van heersers nie.

8Die toppe van die berge is sy weiveld en hy loop oor alles wat groen is.

9Sal die wilde bul (Aurogs) gewillig wees om jou te dien, of sal hy oornag by jou krip?

10Kan jy die juk op die wilde bul se nek vasmaak, of sal hy in ’n wilde plek eg?

11Sal jy op hom vertrou omdat sy krag groot is, of sal jy jou werk aan hom oorlaat?

12Vertrou jy hom dat hy dit wat van jou gedors is, sal uitwan en jou graan in die skuur sal bymekaarmaak?

13Die volstruis lig haarself trots op en kom dan en maak haar nes,

14maar sy los haar eiers in die aarde om op die grond warm gemaak te word

15en omdat sy die voete van ’n voël het, vergeet sy dat die wilde diere van die veld dit kan vertrap.

16Sy vermenigvuldig haar kleintjies alhoewel hulle nie by haar bly nie; alhoewel haar moeite tevergeefs is, het sy geen vrees nie,

17want God het wysheid vermeerder, maar nie vir haar ’n deel gegee nie.

18Sy lig haarself hoog op soos ’n palmboom, sy lag vir die perd en sy ruiter.

19Het jy vir die perd krag gegee? Het jy sy nek geklee met maanhare?

20Kan jy hom laat beweeg soos die sprinkaan, of kan jy hom bang maak.

21Hy kap in die vlakte en is bly in die vallei; hy gaan gepantser uit vir die stryd.

22Hy lag vir ’n put en word nie bang gemaak nie; hy draai ook nie weg van die swaard nie.

23Die pylkoker rammel teen hom, die glinsterende spies en lans.

24Hy gallop met woede wat die grond laat bewe en vrees nie die klank van die ramshoring nie.

25Hy maak die klank: ‘Aha!’ en ruik die geveg van ver af; hy maak die offisiere bang met sy gerunnik.

26Is dit deur jou wysheid wat die valk geskep is en sy vlerke uitsprei na die suide toe?

27Gaan die arend hoog op op jou bevel en maak hy sy nes in steil rotse?

28Hy leef en bly op die rots, op die krans van die afgrond.

29Hy word onderhou deur sy prooi, sy oë sien van ver af.

30Sy kleintjies suig bloed op en waar die dooies is, daar is hy.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 38
Top of Page
Top of Page