Jeremia 24
Afrikaans PWL
1Nadat N’vukhadnetzar, koning van Bavel, vir Y’khanyahu, die seun van Y’hoyakim, koning van Y’hudah, die amptenare van Y’hudah en die ambagsmanne en die smede uit Yerushalayim in gevangeskap weggevoer en hulle na Bavel gebring het, het יהוה my gewys: let op, twee mandjies met vye, voor die tempel van יהוה reggesit: 2een mandjie het baie goeie vye, soos die eerste-ryp vye en die ander mandjie het baie slegte vye, wat nie geëet kon word nie, so vrot was dit. 3Toe het יהוה vir my gesê: “Wat sien jy, Yirmeyahu?” Ek het geantwoord: “Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg, te sleg om te eet, so vrot.”

4Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê: 5“So sê יהוה, God van Yisra’el: ‘Soos hierdie goeie vye, so sal Ek as goed beskou die gevangenes van Y’hudah, wat Ek uit hierdie plek na die land van die Kasdeërs gestuur het, 6want Ek sal My oog oor hulle laat gaan vir die goeie en Ek sal hulle weer na hierdie land toe bring en Ek sal hulle opbou en nie afbreek nie en hulle plant en nie uitruk nie. 7Ek sal vir hulle ’n verstand, wil en emosie gee om My te ken, want Ek is יהוה en hulle sal My volk wees en Ek sal hulle God wees, want hulle sal na My toe terugkeer met hul hele verstand, wil en emosie,

8maar soos die slegte vye wat te vrot is om te eet, inderdaad, so sê יהוה, só sal Ek Tzidkiyahu, koning van Y’hudah en sy amptenare en die wat oorbly in Yerushalayim, wat in hierdie land gebly het en die wat in Mitzrayim bly, verlaat. 9Ek sal van hulle ’n verskrikking en boosheid maak vir al die koninkryke van die aarde, ’n bespotting en ’n spreekwoord, ’n belediging en ’n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle sal verstrooi. 10Ek sal die swaard, die hongersnood en die pes oor hulle stuur totdat hulle vernietig is vanuit die land wat Ek vir hulle en hul vaders gegee het.’”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Jeremiah 23
Top of Page
Top of Page