2 Samuel 8
Afrikaans PWL
1Hierna het Dawid die F’lishtyne verslaan en hulle onderwerp en Dawid het beheer oor die hoofstad gevat vanuit die hand van die F’lishtyne.

2Hy het vir Mo’av verslaan en hulle gemeet met ’n lyn deur hulle op die grond te laat lê. Hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe en die Mo’aviete het Dawid se diensknegte geword, wat belasting betaal.

3Toe het Dawid vir Hadad’ezer, die seun van Regov, die koning van Tzovah, verslaan, op sy pad om sy mag tot by die Eufraat te herstel. 4Dawid het een duisend sewe honderd perderuiters en twintig duisend voetsoldate van hom gevange geneem en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar genoeg daarvan laat oorbly vir ’n honderd strydwaens. 5Toe die Arameërs van Dammesek gekom het om Hadad’ezer, die koning van Tzovah, te help, het Dawid twee en twintig duisend Arameërs doodgemaak. 6Toe het Dawid garnisoene tussen die Arameërs van Dammesek gesit en die Arameërs het diensknegte van Dawid geword, wat belasting betaal en יהוה het Dawid gehelp waar hy ook al gegaan het. 7Dawid het die goue skilde gevat wat die diensknegte van Hadad’ezer gedra het en dit na Yerushalayim gebring. 8Vanuit Betag en Berotai, stede van Hadad’ezer, het koning Dawid ’n groot hoeveelheid koper gevat.

9Toe To’i, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leër van Hadad’ezer verslaan het, 10stuur To’i sy seun, Yoram na koning Dawid om hom te groet en hom te seën en hy het artikels van silwer, goud en koper gebring omdat hy teen Hadad’ezer geveg en hom verslaan het, want Hadad’ezer was in oorlog teen To’i. 11Koning Dawid het ook hierdie artikels vir יהוה afgesonder, saam met die silwer en die goud wat hy afgesonder het van al die nasies wat hy onderwerp het: 12van die Arameërs, die Mo’aviete, van die seuns van `Ammon, van die F’lishtyne, van die `Amalekiete en van die buit van Hadad’ezer, die seun van Regov, die koning van Tzovah.

13Dawid het naam gemaak toe hy, na die slagting van die agtien duisend Arameërs in die Vallei van Sout, terugkeer. 14Dawid het garnisoene in Edom gesit; in die hele Edom het hy garnisoene gesit en al die Edomiete het Dawid se diensknegte geword en יהוה het Dawid gehelp waar hy ook al gegaan het.

15Dawid het oor die hele Yisra’el regeer en Dawid het regverdige oordeel en onpartydige opregtheid aan die hele volk bedien. 16Yo’av, die seun van Tz’ruyah, was oor die leër en Y’hoshafat, die seun van Agilud, was griffier. 17Tzadok, die seun van Agituv en Avimelekh, die seun van Evyatar, was priesters en S’rayah was skrywer. 18B’nayahu, die seun van Y’hoyada, was oor die persoonlike wagte en die boodskappers. Die seuns van Dawid was hoofministers.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Samuel 7
Top of Page
Top of Page