1 Timotheus 6
Afrikaans PWL
1Almal wat slawe is onder ’n juk, moet hulle eie meesters in alle eer hou sodat die Karakter en Outoriteit van God en die leer nie kwaad van gepraat word nie, 2maar die wat meesters het wat vertrou, moet hulle nie verag omdat hulle broers is nie, maar moet hulle eerder dien omdat hulle vertrou en die wat hulle verfris deur hulle diens, geliefdes is. Leer en versoek hierdie dinge van hulle.

3As daar enige persoon is wat iets anders leer en nie saamstem met die gesonde boodskap van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en die leer aangaande die respekvolle vrees van God nie, 4is hy trots en verstaan niks nie, maar is oneffektief in verskille en debatte waaruit jaloesie, twis, kwaadpraat en versterking van ’n bose verstand 5en ellende van mense, wie se verstand korrup en van die waarheid beroof is en dink dat geldmaak aanbidding tot God is, kom; bly weg van hierdie dinge.

6Ons voordeel uit die aanbidding van God is groot in dit wat nodig is, want ons het genoeg, 7want ons het niks in die wêreld ingebring nie en ons weet dat ons ook niks daaruit kan uit vat nie; 8daarom is kos en klere vir ons genoeg, 9maar die wat begeer om ryk te wees, word oorweldig deur versoekings en toetsinge en dwase en bose begeertes en Spr 23:4 mense sink weg in korrupsie en in vernietiging, 10want die wortel van al hierdie booshede is die liefde vir geld. Daar is sommige wat dit begeer het, van die vertroue afgedwaal het en vir hulleself baie smarte gebring het,

11maar jy, o man van God, ontsnap vanuit hierdie dinge en hardloop na onpartydige opregtheid, na regverdigheid, na vertroue, na liefde, na volhardende geduld en na nederige sagtheid. 12Veg in die goeie geveg van vertroue en gryp na die ewige lewe; die dinge waartoe jy ook geroep is en ’n goeie erkenning wat jy erken het voor baie getuies. 13Ek getuig teenoor jou voor God, wat aan alle dinge lewe gee en voor Yeshua, Die Gesalfde Een, wat voor Pontios Pilatos die goeie getuienis getuig het, 14dat jy die opdragte onbevlek en onberispelik uitvoer tot by die openbaring van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een; 15Hy wat op Sy eie bepaalde tyd deur God openbaar sal word: die Geseënde Een, die Magtige Een, die Enigste Een, die Koning van die konings en die Meester van krag, 16Hy wat alleen onsterflik is en in ’n ontoeganklike lig bly, wat geen mens gesien het of kan sien nie; Hom aan Wie eer en outoriteit vir ’n tydlose ewigheid behoort. Dit is waar!

17Beveel die wat in dié wêreld ryk is om nie trots te wees nie en om ook nie hulle vertroue te plaas op die onsekerheid van rykdom nie, maar op die lewende God wat aan ons alles ryklik gee vir ons vertroosting en versterking 18en hulle moet goeie dade doen en ryk wees in goeie dade, gereed wees om te gee en te deel 19en hulle sal vir hulleself ’n goeie fondasie lê vir die toekoms sodat hulle die ware lewe mag aangryp.

20O! Timotheos, bewaar wat aan jou toevertrou is en ontvlug van die dogters met die leë stemme (onafgesonderde en nuttelose gepraat) en van die verdraaiings van valse kennis, 21want die wat dit verkondig het, het self van die vertroue af weggedwaal. Onverdiende guns bly by jou! Dit is waar!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Timothy 5
Top of Page
Top of Page