Sagaria 9
Afrikaans PWL
1Die las van die boodskap van יהוה is teen die land van Hadrakh, met Dammesek as sy rusplek, want die oog van die mens, veral al die stamme van Yisra’el, is op יהוה gerig,

2asook Hamat wat daaraan grens. Tzor en Tzidon, alhoewel hulle baie slim is,

3want Tzor het vir haarself ’n vesting gebou en silwer opgehoop soos stof en goud soos die vuilgoed van die strate,

4let op, יהוה sal haar onteien en haar rykdom in die see gooi en sy sal deur vuur verteer word.

5Ashkelon sal dit sien en vrees; ook `Azah sal wriemel in groot pyn; ook `Ekron, want haar verwagtinge is verydel; meer nog, die koning sal sterf vanuit `Azah en in Ashkelon sal nie gewoon word nie.

6’n Gemengde ras (Jood / nie-Jood) sal in Ashdod bly en Ek sal die trotsheid van die F’lishtyne afsny.

7Ek sal die bloed uit hulle mond verwyder en hulle verwerplike dinge van tussen hulle tande uit, dan sal hulle ook vir ons God oorgeblewenes wees en wees soos ’n familie in Y’hudah en `Ekron soos ’n Y’vusiet.

8Ek sal ’n versorger aanstel oor my huis as gevolg van hom wat verbykom, as gevolg van hom wat weer terugkom en geen onderdrukker sal meer oor hulle kom nie, want nou het Ek met My eie oë gesien.

9Swaai in die rondte van vreugde, oorvloediglik, o dogter van Tziyon! Skreeu dit uit, o dogter van Yerushalayim! Let op, jou Koning kom na jou toe; Hy is regverdig en toegerus met verlossing, nederig en ry op ’n donkie, op ’n jong donkie, die vul van ’n donkie.

10Ek sal die strydwa vanaf Efrayim en die perd vanaf Yerushalayim afsny en die gevegsboog sal vernietig word. Hy sal vrede tot die nasies praat en Sy heerskappy sal wees van see tot see en vanaf die Rivier (Eufraat) tot aan die eindes van die aarde.

11Ook wat jou betref, as gevolg van die bloed van die verbond met jou, het Ek jou gevangenes bevry vanuit die waterlose put.

12Keer terug na die vesting, gevangenes wat die versekerde verwagting het; Ek verklaar op hierdie dag dat Ek dubbel aan jou sal herstel,

13want Ek sal Y’hudah buig as My boog, die boog vul met Efrayim en Ek sal jou seuns, o Tziyon, opwek teen jou seuns, o Yavan en Ek sal jou maak soos ’n vegter se swaard,

14dan sal יהוה oor hulle verskyn en Sy pyl sal soos weerlig uitskiet en יהוה-God sal met die ramshoring blaas en in die stormwinde van die suide marsjeer.

15יהוה-Tzva’ot sal hulle verdedig en hulle sal die slingerklippe verslind en vertrap; hulle sal drink en luidrugtig wees asof deur wyn en hulle sal vol wees soos die offerkomme, soos die hoeke van die altaar.

16יהוה, hulle God, sal hulle op daardie dag red as die kudde van Sy volk, want hulle is afgesonderde gesteentes wat op Sy land gestrooi is.

17Hoe goed en uitnemend is koring vir die jongmanne en nuwe wyn maak die maagde vrolik.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Zechariah 8
Top of Page
Top of Page