Sagaria 10
Afrikaans PWL
1Vra reën van יהוה in die tyd van die lentereëns; van יהוה wat die stormwolke maak en Hy sal aan hulle stortreën gee, plante in die veld vir die mens,

2want die huishoudelike gode (terafim) praat onregverdigheid en die waarsêers sien leuenagtige visioene en verkondig vals drome; hulle troos tevergeefs; daarom het hulle rondgeswerf soos skape; hulle is beproef omdat daar geen herder is nie.

3“My woede is opgewek teen die herders en Ek sal die bokramme straf, want יהוהTzva’ot het Sy kudde besoek, die huis van Y’hudah en sal hulle soos Sy majestueuse perd in die geveg maak.

4Vanaf hulle sal die hoeksteen kom, vanaf hulle die tentpen, vanaf hulle die gevegsboog, vanaf hulle elke heerser, almal van hulle saam.

5Hulle sal soos magtige manne wees, wat in die geveg die vuilgoed van die strate vertrap en hulle sal veg, want יהוה sal by hulle wees en die ruiters op perde sal beskaamd word.

6Ek sal die huis van Y’hudah versterk en die huis van Yosef red en hulle terugbring omdat Ek liefdevolle omgee vir hulle gehad het en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is יהוה, hulle God en Ek sal hulle antwoord.

7Efrayim sal wees soos ’n magtige man en hulle verstand, wil en emosie sal vrolik wees asof deur wyn; inderdaad, hulle kinders sal dit sien en bly wees, hulle verstand, wil en emosie sal in die rondte swaai van vreugde in יהוה.

8Ek sal vir hulle fluit om hulle bymekaar te maak, want Ek het hulle losgekoop en hulle sal net so talryk wees soos tevore.

9Wanneer Ek hulle verstrooi tussen die volke, sal hulle My in ver lande onthou en hulle en hul kinders sal lewe en terugkom.

10Ek sal hulle terugbring uit die land van Mitzrayim en hulle uit Ashur bymekaarmaak en Ek sal hulle in die land van Gil’ad en L’vanon inbring totdat geen plek vir hulle gevind kan word nie.

11Hulle sal deur die see van bekommernis gaan en Hy sal die golwe in die see slaan sodat al die dieptes van die Nyl sal opdroog en die trotsheid van Ashur sal afgebring word en die septer van Mitzrayim sal weggaan.

12Ek sal hulle sterk maak in יהוה en hulle sal in Sy Karakter en Outoriteit loop,” verklaar יהוה.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Zechariah 9
Top of Page
Top of Page