Sagaria 4
Afrikaans PWL
1Toe het die boodskapper wat met my gepraat het, teruggekom en my laat opstaan soos ’n man wat uit die slaap uit wakker gemaak word. 2Hy het vir my gesê: “Wat sien jy?” Ek antwoord: “Ek sien, let op, ’n kandelaar, heeltemal van goud, met sy oliebak bo-op hom en sy sewe lampe op hom, met sewe tuite wat elk aan die lampe behoort wat op die kandelaar is; 3ook twee olyfbome by dit, een aan die regterkant van die oliebak en een aan die linkerkant daarvan.” 4Toe het ek vir die boodskapper wat met my gepraat het, gesê: “Wat beteken dit, my meester?” 5Die boodskapper wat met my gepraat het, antwoord en sê vir my: “Weet jy nie wat hierdie is nie?” Ek het gesê: “Nee, my meester.” 6Toe sê hy vir my: “Dit is die woord van יהוה aan Z’rubavel, wat sê: ‘Nie deur mag of deur krag nie, maar deur My Gees,’ sê יהוה-Tzva’ot. 7‘Wat is jy, o groot berg? Voor Z’rubavel sal jy ’n vlakte word en hy sal die sluitsteen te voorskyn bring met uitroepe van: “Onverdiende guns, onverdiende guns daarvoor!”’”

8Die boodskap van יהוה het ook tot my gekom en gesê: 9“Die hande van Z’rubavel het die fondasie van hierdie huis gelê en sy hande sal dit voltooi, dan sal jy weet dat יהוה-Tzva’ot my na julle toe gestuur het, 10want wie verag die dag van klein dinge? Hierdie sewe sal egter bly wees as hulle die skietlood in die hand van Z’rubavel sien; dit is die oë van יהוה wat heen en weer die aarde deurkruis.”

11Toe het ek vir hom gesê: “Wat is hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan sy linkerkant?” 12Ek het die tweede keer gepraat en vir hom gesê: “Wat is die twee olyftakke wat langs die twee goue pype is wat die goue olie uit hulleself leeg maak?” 13Hy antwoord my en sê: “Weet jy nie wat hierdie is nie?” Ek antwoord: “Nee, my meester.” 14Toe sê hy: “Hierdie is die twee gesalfdes wat by die Meester van die ganse aarde staan.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Zechariah 3
Top of Page
Top of Page