Hooglied 8
Afrikaans PWL
1Wie sal jou vir my gee as die broer wat aan die borste van my moeder gedrink het? As ek jou in die straat sou vind, sal ek jou soen; ja, ek sal nie verag word nie.

2Ek sal jou lei, ek sal jou bring in die huis van my moeder; in die kamer van haar wat geboorte aan my gegee het. Ek sal jou laat drink van my lekker wyn en van die soet sap van my granate.

3Sy linkerarm is onder my kop en sy regterhand omhels my.

4Ek smeek julle, o dogters van Yerushalayim, dat julle liefde nie wakker maak of opwek voordat die liefde wil nie.

5Wie is dit wat daar opkom vanuit die wildernis, wat leun op haar vriend? Ek het jou wakker gemaak onder die appelboom, daar het jou moeder geboorte gegee aan jou, daar was sy in geboortepyne.

6Maak my soos ’n seël op jou verstand, wil en emosie, soos ’n seël op jou arm, want liefde is sterk soos die dood, begeerte is wreed soos Sh’ol, sy vonke is vonke van vuur en vlamme.

7Baie waters kan die liefde nie uitblus en riviere kan dit nie wegvoer nie en tog, as ’n man al die besittings van sy huis gee vir die liefde, sal mense spot met hom.

8Ons het ’n klein sustertjie wie se borste nog nie gevorm het nie; wat sal ons doen vir ons suster op die dag wanneer hulle haar hand sou vra?

9As sy ’n muur is, sal ons ’n bo-kamer van silwer daarop bou en as sy ’n deur is, sal ons dit toemaak met planke van seder.

10Ek is ’n muur en my borste soos torings; toe was ek in sy oë soos een wat guns gevind het.

11Shlomo het ’n wingerd gehad en sy vrugte was oorvloedig; hy het die wingerd aan oppassers uitgehuur; ’n man het ’n duisend sikkels silwer vir sy vrugte aangebied.

12My wingerd, wat myne is, is voor my; ’n duisend sikkels silwer is joune, Shlomo en twee honderd vir hulle wat die vrugte oppas.

13Hulle wat in die tuine sit en luister na u stem, het jou woorde aan my rapporteer.

14Maak gou, my vriend en wees soos die gasel of die jong bok op die berge van speserye.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Song of Solomon 7
Top of Page
Top of Page