Romeine 16
Afrikaans PWL
1Ek vertrou aan julle toe, ons suster Foibe, wat ’n diensmaagd is van die gemeente in Kengreai 2sodat julle haar kan aanvaar in ons Meester, soos dit by afgesonderdes pas en haar help in elke saak waarin sy julle hulp mag vra, want sy was ook vir baie ’n hulp en ook vir my.

3Groet Priskilla en Akulas, my medewerkers in Yeshua, Die Gesalfde Een, 4wat ter wille van my lewe hulle nekke gewaag het en nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die ander nasies. 5Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epaenetos, vir wie ons lief is, wat die eerste vrug vanuit Agaia vir Die Gesalfde Een is. 6Groet Miryam wat hard gewerk het onder julle. 7Groet Andronikos en Younias, my familie en medegevangenes, wat geken is deur die afgevaardigdes en reeds voor my in Die Gesalfde Een was. 8Groet Amplias, wat ek liefhet in die Meester. 9Groet Ourbanos, ons medewerker in Die Gesalfde Een en Stagus, vir wie ek lief is. 10Groet Apelles, gekies in Die Gesalfde Een. Groet hulle wat van die huis van Aristoboulos is. 11Groet Herodion, my familie. Groet hulle wat van die huis van Narkissos is, hulle wat in die Meester is. 12Groet Troefaina en Troefosa, wat in ons Meester gearbei het. Groet Persis, vir wie ek lief is, wat hard gewerk het in die Meester. 13Groet Roufos, wat gekies is deur die Meester, sy en my moeder. 14Groet Asoenkritos, Flegon en die broers wat saam met hulle is en vir Hermas, Patrobas en Hermes. 15Groet Filologos, Youlia, Nereus en sy suster, Olumpas en al die afgesonderdes wat saam met hulle is. 16Groet mekaar met ’n afgesonderde soen. Al die gemeentes van Die Gesalfde Een groet julle.

17Ek versoek julle, my broers: wees versigtig vir hulle wat verdeeldheid en struikeling veroorsaak buite die leringe wat julle geleer het. Julle moet wegbly van hulle af, 18want sulke mense dien nie ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een nie, maar hulle eie maag en hulle mislei die verstand, wil en emosie van die reines deur hulle soet woorde en seëninge. 19Julle gehoorsaamheid het oral bekend geword; daarom verbly ek my oor julle en ek wens dat julle wys mag wees oor wat goed is, maar onskuldig oor wat boos is. 20Die God van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid sal die teëstander spoedig onder julle voete verbrysel. Die onverdiende guns van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, sal by julle bly!

21Timotheos, my medewerker, groet julle en Loukios en Yasoon en Sosipatros, my broers.

22Ek, Tertios, wat die brief neergeskryf het, groet julle in die Meester.

23Gaios, my gasheer, asook die hele gemeente, groet julle. Erastos, die tesourier van die stad en die broer Kuartos groet julle. 24Aan God, wat in staat is om my goeie boodskap aan julle te bevestig, wat aan julle verkondig is aangaande Yeshua, Die Gesalfde Een, volgens die openbaring van die geheimenisse wat van die tye van die wêreld af weggesteek is,

25maar in hierdie tyd openbaar is en deur Skrifte van die profete en deur die opdrag van die ewige God, onder al die nasies vir die aanhoor deur vertroue, geleer is. 26Aan die alleenwyse Een, die eer, lof en aanbidding deur Yeshua, Die Gesalfde Een, tot in tydlose ewigheid! Dit is waar! 27Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle almal! Dit is waar!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Romans 15
Top of Page
Top of Page