Romeine 14
Afrikaans PWL
1Steek jou hand uit na hom wat swak is in vertroue en moenie verdeel word deur julle verskille nie, 2want daar is hy, wat vertrou dat hy alles mag eet en hy wat swak is, eet groente. 3Hy wat eet, moet hom wat nie eet nie, nie verag nie en hy wat nie eet nie, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aanvaar. 4Wie is jy wat die dienskneg oordeel wat nie joune is nie? Hy staan of val met betrekking tot sy eie meester, maar sy eie meester het mag om hom staande te hou.

5Daar is een wat onderskei tussen dae en daar is een wat alle dae beoordeel. Laat elkeen in sy eie denke seker wees. 6Wie ook al watter dag hoog ag, ag dit hoog vir sy Meester en hy wat die dag nie hoog ag nie, ag dit nie hoog nie, vir sy Meester; wie eet, eet tot eer van sy Meester en dank God en wie nie eet nie, hy eet nie, tot eer van sy Meester en dank God, 7want daar is niemand van ons wat vir homself leef nie en niemand gaan dood vir homself nie, 8want as ons lewe, leef ons vir ons Meester en as ons doodgaan, gaan ons dood vir ons Meester; of ons dan lewe en of ons doodgaan, ons behoort aan ons Meester. 9Vir hierdie rede het Die Gesalfde Een ook gesterf, weer lewend geword en opgestaan sodat Hy יהוה sal wees vir die wat lewe en vir die wat dood is.

10Jy, waarom oordeel jy jou broer? Of selfs jy, waarom verag jy jou broer? Want ons sal almal voor die regterstoel van Die Gesalfde Een staan.

11Soos daar geskryf is: “So waar as Ek leef, sê יהוה, voor My sal elke knie buig en elke tong sal aan My lofprysing gee.”

12Daarvolgens sal elkeen van ons aangaande sy lewe aan God rekenskap gee.

13Laat ons mekaar van nou af nie meer oordeel nie, maar besluit liewer dít: om nie vir jou broer ’n struikelblok neer te sit nie. 14Ek weet en is oortuig daarvan deur יהוה-Yeshua dat daar niks is wat in ditself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom alleen is dit onrein. 15As jy jou broer deur kos grief, leef jy nie in liefde nie. Moenie deur jou kos, hom vir wie Die Gesalfde Een gesterf het, vernietig nie 16en laat so nie kwaad gepraat word van wat vir ons goed is nie, 17want die Koninkryk van God is nie eet en drink nie, maar onpartydige opregtheid, vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en vreugde in die Gees van Afsondering, 18want wie ook al Die Gesalfde Een hierin dien, is pragtig voor God en goedgekeur voor die mense. 19Laat ons nou vrede en mekaar se opbouing najaag 20en nie ter wille van kos ’n dienskneg van God vernietig nie, want alles is wel rein, maar dit is boos vir ’n mens om dit te eet as dit tot struikeling is. 21Dit is goed om geen vleis te eet, of wyn te drink, of om iets te doen waardeur jou broer omvergewerp word nie. 22Jy wat vertroue in jou gees het, hou dit voor God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy besluit het nie, 23want wie ook al twyfel en eet, is veroordeel omdat dit nie uit vertroue is nie en alles wat nie uit vertroue is nie, is sonde.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Romans 13
Top of Page
Top of Page