Openbaring 12
Afrikaans PWL
1’n Groot teken het in die hemel verskyn: ’n vrou, wat met die son aangetrek is, met die maan onder haar voete en op haar kop ’n kroon van twaalf sterre 2en sy was verwagtend; sy het uitgeroep en was in kraam en was beangs om geboorte te gee.

3’n Ander teken het in die hemel verskyn en let op, daar was ’n groot draak van vuur met sewe koppe en tien horings en op sy koppe was sewe krone. 4Sy stert het ’n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou, wat op die punt was om geboorte te gee, gestaan sodat hy haar Seun kon opeet, sodra sy geboorte gegee het.

5Sy het geboorte gegee aan die Seun, Wat al die nasies, as Herder, met ’n ystersepter sou regeer en haar Seun is weggeruk na God en Sy troon. 6Die vrou het na die wildernis gevlug, waar die plek was wat God vir haar voorberei het sodat sy vir eenduisend twee honderd en sestig dae lank versorg sou word.

7Daar was oorlog in die hemel: Mikha’el en sy engele het oorlog gevoer teen die draak en die draak en sy engele het baklei 8en hulle kon nie uithou nie en daar kon ook nie ’n plek vir hulle in die hemel gevind word nie. 9Die groot draak is neergegooi, die hoof slang wat die valse aanklaer en die teëstander genoem word, wat die hele wêreld verlei, is neergegooi op die aarde en sy engele saam met hom. 10Ek het ’n harde stem vanuit die hemel hoor sê: “Nou is die bevryding, die krag en die koningskap vanaf ons God, want die aanklaer van ons broers is neergegooi, hy wat hulle dag en nag beskuldig het voor ons God 11en hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die boodskap van Sy getuienis en hulle het hulle lewe, tot die dood toe, nie liefgehad nie. 12Daarom, wees verheug, hemel en die wat daarin bly. Wee die aarde en die see, want die teëstander het na julle toe afgekom met groot woede omdat hy weet dat hy min tyd het.”

13Toe die draak sien dat hy neergegooi is op die aarde, het hy die vrou, wat geboorte gegee het aan die Seun, vervolg. 14’n Groot arend se twee vlerke is vir die vrou gegee sodat sy na die wildernis, na haar plek daar, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang versorg word, ’n tyd, tye en ’n halwe tyd. 15Die slang het water, soos ’n rivier, uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, om haar te laat meesleur deur die water 16en die aarde het die vrou gehelp deur sy mond oop te maak en die rivier, wat die draak uit sy bek uitgespoeg het, in te sluk. 17Die draak was woedend vir die vrou en hy het gegaan om oorlog te voer teen haar en dié wat oorgebly het van haar Seun, dié wat die opdragte van God nakom en die getuienis van Yeshua vashou.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Revelation 11
Top of Page
Top of Page