Openbaring 10
Afrikaans PWL
1Ek het ’n ander engel uit die hemel sien afkom. Hy was aangetrek met ’n wolk, met ’n reënboog in die lug oor sy kop; hy het gelyk soos die son en sy bene soos pilare van vuur 2en in sy hand het hy ’n klein boekrolletjie gehad, wat oop was en hy het sy regtervoet op die see gesit, maar sy linkervoet op die land. 3Hy het met ’n harde stem uitgeroep, soos ’n leeu wat brul en nadat hy uitgeroep het, het sewe donderslae hulle stemme laat hoor. 4Toe die sewe donderslae gepraat het, was ek gereed om te skryf, maar ek het ’n stem uit die hemel, die sewende engel, vir my hoor sê: “Verseël dit wat die sewe donderslae gesê het en skryf dit nie op nie.” 5Die engel wat ek op die see en op die droë land sien staan het, het sy hand na die hemel opgeligDeut 32:40; Dan 12:7 Hy wat die hemele en wat daarin is, die aarde en wat daarin is en die see en wat daarin is geskape het -dat daar weer nie tyd sal wees nie,Neg 9:6; Eks 20:11; Ps 146:6 6en gesweer by Hom wat vir tydlose ewigheid lewe - 7maar in die dae wanneer die sewende engel geblaas het, is die geheime van God voltooi, wat Hy verkondig het aan Sy diensknegte, die profete.

8Die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer met my gepraat en gesê: “Gaan, vat die klein boekrolletjie in die hand van die engel wat op die land en op die see staan.”Yir 15:16; Yeg 2:8-3:3 en dit sal bitter wees in jou maag, maar in jou mond sal dit soos heuning wees.” 9Ek het na die engel gegaan en vir hom gesê: “Gee vir my die klein boekrolletjie.” Hy sê vir my: “Vat en eet dit 10Ek vat die klein boekrolletjie uit die hand van die engel en eet dit en in my mond was dit so soet soos heuning, maar toe ek dit geëet het, was my maag bitter. 11Hy het vir my gesê: “Daar word weer vir jou tyd gegee om te profeteer oor baie volke, nasies, tale en konings.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse Vertaling (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Revelation 9
Top of Page
Top of Page