Psalms 76
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Asaf met instrumentale musiek, met snaarinstrumente; ’n lied. 2 God is bekend in Y’hudah, Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is groot in Yisra’el.

2In Shalem is Sy Tent (Tabernakel) en in Tziyon Sy blyplek.

3Daar het Hy die pyle van die boog verbreek, die skild en die swaard in die geveg.

4U is glansryk en kragtig vanaf U magtige berge!

5Al die dwase van verstand, wil en emosie is gebroke; die dapper magtige manne het hul laaste slaap geslaap.

6Hulle kon nie hul hande gebruik deur U bestraffing nie, o God van Ya’akov; die ruiters is in ’n dooie slaap gegooi.

7U, ja U moet gevrees word; wie mag staan in U Teenwoordigheid wanneer U eers kwaad is?

8U het oordeel laat hoor vanaf die hemel; die aarde het dit gesien en gebewe

9toe God opgestaan het vir die oordeel, om al die saggeaardes van die aarde te red.

10Die wysheid van die mens sal U loof met uitgestrekte hande; U sal die oorblyfsel van sy woede beperk.

11Maak beloftes en vervul jou beloftes aan יהוה, julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan Hom wat respekvol gevrees moet word.

12Hy sal die trots van die heersers verneder. Hy word gevrees deur die konings van die aarde.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 75
Top of Page
Top of Page