Psalms 73
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Asaf: met instrumentale musiek. Waarlik, God is goed vir Yisra’el en vir dié wat rein van verstand, wil en emosie is,

2maar wat my betref, my voete was amper weg, my treë het byna gegly,

3want ek was afgunstig op die bose toe ek die voorspoed van die bose mense sien.

4Daar is geen einde aan hulle dood nie en hulle dwaasheid is groot.

5Hulle deel nie in die moeite van die mens nie en word nie gepla soos ander nie;

6daarom hou trots hulle vas, hulle het hul boosheid en geweld verberg.

7Hulle oortredinge peul uit soos vet; hulle doen volgens die bose voorskrifte van die verstand, wil en emosie.

8Hulle bedink en praat bose dinge; hulle praat onreg teen die Allerhoogste.

9Hulle rig hul mond op na die hemel, maar hulle tonge sleep in die stof;

10daarom sal My volk terugdraai hierheen en alles in oorvloed hê.

11Hulle sal sê: “Hoe weet God en is daar kennis in die Allerhoogste?”

12Let op, hierdie is die bose mense, wat voorspoedig is in die wêreld; hulle vermeerder in rykdom.

13Wat my betref, ek het my verstand, wil en emosie gereinig en my hande in onskuld gewas.

14Tog is ek die hele dag gepla en elke oggend getugtig.

15As ek sou sê: “Ek sal soos hulle doen,” is dit vir my sonde!

16Toe ek daaraan gedink het om dit te verstaan, was dit te pynlik vir my

17totdat ek in die Afgesonderde Plek van God ingegaan het, toe het ek hulle einde verstaan.

18U het hulle deel aangestel volgens hulle misleiding; U het hulle neergegooi toe hulle hulself opgelig het.

19Hoe word hulle nie in ’n oomblik in verlatenheid gebring nie. Hulle word heeltemal verteer deur verskrikkinge!

20Soos een wat wakker word uit ’n droom, o יהוה, so sal U hulle afgodery verag!

21So was my verstand, wil en emosie gegrief en my gewete het my gepla.

22Ek was dwaas en onkundig; ek was soos ’n dier voor U.

23U sal my troos met U raad en my lei volgens U eer.

24Wie het ek buiten U in die hemel en wie het ek op aarde begeer buiten U?

25Nogtans is ek voortdurend by U, U houvas my aan die regterhand.

26My vlees, verstand, wil en emosie faal, maar God is die sterkte van my verstand, wil en emosie en my deel vir ewig.

27Let op, hulle wat ver van U af is, sal vergaan; U het almal vernietig wat van U af wegdwaal.

28Ek was bly om nader te kom aan God; ek het my vertroue in יהוהGod geplaas dat ek al U dade kan verkondig.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 72
Top of Page
Top of Page