Psalms 70
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: van Dawid tot herinnering. 2 O God, maak gou om my te bevry, o יהוה, maak gou om my te help!

2Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en verward wees; laat hulle wat my ongeluk begeer omgedraai en deurmekaar gemaak word.

3Laat hulle agteruitgaan deur hulle herhalende skande wat vir my sê: “Ha, ha!”

4Laat almal wat U soek hulself in U verheug en bly wees en laat hulle wat U verlossing lief het voortdurend sê: “Laat God groot gemaak word!”

5Ek is egter arm en behoeftig; kom gou na my toe, o God, U is my Hulp en my Bevryder; o יהוה, moenie uitstel nie!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 69
Top of Page
Top of Page