Psalms 51
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek, 2 toe die profeet Natan na hom toe gekom het nadat hy by Bat-Sh’va ingegaan het.

2Bewys onverdiende guns aan my, o God, volgens U liefdevolle goedheid. Vee my rebellie uit, na die oorvloedigheid van U liefdevolle omgee.

3Was my deeglik van my morele boosheid en reinig my van my sonde,

4want ek erken, my rebellie en my sonde is altyd voor my.

5Teen U en U alleen het ek gesondig en gedoen wat boos is in U oë, want U sal regverdig wees wanneer U praat, deursigtig in U oordeel.

6Let op, in morele boosheid is ek gevorm en in sonde het my moeder geboorte gegee aan my.

7Let op, U vereis waarheid in die binneste en die geheime van U wysheid het U aan my bekend gemaak.

8Reinig my met hisop en ek sal rein wees. Was my en ek sal witter wees as sneeu.

9Laat my oorvloedige vreugde en blydskap ervaar dat my gebroke gees kan omswaai in blydskap.

10Draai U gesig weg van my sondes en vee al my morele boosheid uit.

11Skep in my ’n rein verstand, wil en emosie, o God en hernu ’n standvastige gees in my.

12Gooi my nie weg uit U Teenwoordigheid nie en neem nie U Gees van Afsondering weg van my af nie.

13Herstel weer in my die vreugde van U verlossing en ondersteun my met U wonderbaarlike Gees.

14Ek sal vir die wetteloses U lewenswyses leer en sondaars sal omdraai na U toe.

15Bevry my van bloedvergieting, o God, U, die God van my verlossing en my tong sal hardop sing van U onpartydige opregtheid.

16יהוה, maak U my lippe oop en my mond sal U lofprysing voortbring,

17want U begeer nie offers nie, anders sou ek dit gee; U het geen behae in brandoffers nie.

18Die offers van God is ’n gebroke gees; ’n gebroke en stukkende binneste sal U, o God, nie verag nie!

19Doen goed aan Tziyon deur U onverdiende guns. Bou die mure van Yerushalayim op, 21 dan sal U tevrede wees met die offers van onpartydige opregtheid, met brandoffers en volledige brandoffers; dan sal hulle geskenke offer op U altaar.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 50
Top of Page
Top of Page