Psalms 50
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Asaf, met instrumentale musiek. Die Magtige God van die gode, יהוה, het gepraat en die aarde geroep, van die opkoms van die son af totdat hy ondergaan.

2Vanuit Tziyon, die volmaaktheid van skoonheid, het God geskyn.

3Ons God sal kom en sal nie stilbly nie. Vuur sal voor Hom uit verteer en die vuur sal hewig rondom Hom brand.

4Hy sal roep na die hemel daarbo en na die aarde, om Sy volk te oordeel:

5kom by Hom bymekaar, getroues, hulle wat ’n verbond met Hom gesluit het deur ’n offer

6en die hemele sal Sy onpartydige opregtheid verkondig, want God self is die Regter!

7“Luister en hoor, My volk en Ek sal met julle praat; Yisra’el, Ek sal teenoor jou getuig: Ek is God, jou God!

8Ek bestraf jou nie oor jou offers en jou brandoffers nie; hulle is altyd voor My.

9Ek sal geen jong bul uit jou huis of bokram uit jou krale vat nie,

10want al die wilde diere van die woud is Myne, asook die beeste op ’n duisend heuwels.

11Ek ken al die voëls van die lug en wat roer op die veld, is Myne.

12As Ek honger het, sal Ek jou nie vertel nie, want die wêreld is Myne en alles wat daarin is.

13Ek eet nie die vleis van bulle en drink nie die bloed van bokramme nie.

14Offer aan God die offer van danksegging en vervul jou geloftes aan die Allerhoogste.

15Roep uit na My in die dag van moeilikheid. Ek sal jou versterk en jy sal My loof, eer en aanbid.”

16Aan die wetsoortreders sê God egter: “Hoe het jy die boekrolle van My wet gevolg? Jy het My verbond ligtelik gevolg

17omdat jy My dissipline haat en My boodskappe agter jou gooi?

18As jy ’n dief sien, het jy by hom ingeval en jy is ’n deelgenoot aan egbrekers.

19Jy het jou mond vir boosheid gegee en jou tong praat bedrog.

20Jy sit en praat teen jou broer, jy beskinder die seun van jou eie moeder.

21Al hierdie dinge het jy gedoen en Ek het stilgebly. Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en die sondes voor jou oë regmaak.

22Nou moet julle wat God vergeet dít verstaan sodat jy nie vergruis word sonder iemand wat bevry nie.

23Wie ook al ’n dankoffer bring, loof en eer My en aan hom sal Ek die pad van verlossing van God wys.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 49
Top of Page
Top of Page