Psalms 36
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier; van Dawid, die kneg van יהוה. 2 Die wetsoortreder gee geboorte aan boosheid in sy verstand, wil en emosie. Daar is geen respekvolle vrees van God voor sy oë nie.

2Hy is onwillig om sy sonde vergewe te sien of om hulle te haat.

3Die woorde van sy mond is onregverdigheid en bedrog; hy is onwillig om goed te doen.

4Hy beplan oortreding van die wet op sy bed; hy loop op ’n pad wat nie goed is nie en verag nie die boosheid nie.

5O יהוה, U goedheid strek tot in die hemele, U getrouheid tot in die ruimte.

6U onpartydige opregtheid is soos die berge van God; U oordele is soos ’n groot diepte. יהוה, U bewaar mens en dier!

7Hoe kosbaar is U liefdevolle goedheid, o God; daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van U vlerke.

8Hulle floreer in die oorvloed van U huis en U sal hulle laat drink van die aangename waters uit U fontein,

9want by U is die fontein van lewe; in U Lig sien ons lig.

10Laat U liefdevolle goedheid voortduur vir dié wat U ken en U onpartydige opregtheid vir die opregtes van verstand, wil en emosie.

11Laat die voet van die trotse nie teen my kom nie en laat die hand van die wetsoortreder my nie verdryf nie.

12Daar het die werkers van onregverdigheid geval; hulle is neergegooi en kan nie weer opstaan nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 35
Top of Page
Top of Page