Psalms 150
Afrikaans PWL
1Loof Yah helder en duidelik! Loof God helder en duidelik in Sy afgesonderde plek, loof Hom helder en duidelik in die uitgestrektheid van Sy krag!

2Loof Hom helder en duidelik vir Sy magtige dade, loof Hom helder en duidelik volgens die oorvloed van Sy grootheid!

3Loof Hom helder en duidelik met die klank van die ramshoring, loof Hom helder en duidelik met lier en harp.

4Loof Hom helder en duidelik met tamboeryn en dans, loof Hom helder en duidelik met snaar- en blaasinstrumente.

5Loof Hom helder en duidelik met harde simbale, loof Hom helder en duidelik met klinkende simbale!

6Laat alles wat asem het, יהוה helder en duidelik loof! Loof Yah helder en duidelik!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 149
Top of Page
Top of Page