Psalms 145
Afrikaans PWL
1’n Lofprysing van Dawid. Ek sal U oplig, o my God, die Koning en ek sal goedpraat van U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig en ewig.

2Elke dag sal ek U seën en U Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik loof vir ewig en ewig.

3יהוה is groot en waardig om helder en duidelik geloof te word en Sy grootheid is ondeurgrondelik.

4Een geslag sal U werke vertel aan die ander en U magtige dade verkondig.

5Ek wil praat van die wonderlikheid van die grootheid van U majesteit en van U wonderlike dade

6en mense sal praat van die krag van U wonderlike dade en ek sal U grootheid verkondig.

7Hulle sal die herinnering aan U grote goedheid oorvloedig uiter en U regverdiges sal dit soek en vind.

8יהוה is vol onverdiende guns en liefdevolle omgee, stadig om kwaad te word en vol goedheid.

9יהוה is vir almal goed en Sy liefdevolle omgee is oor al Sy diensknegte.

10Al U diensknegte sal U loof met uitgestrekte hande, o יהוה en U afgesonderdes sal U seën.

11Hulle sal praat van die grootheid van U koninkryk en praat van U krag,

12om aan die seuns van die mens U mag bekend te maak en die wonderlike majesteit van U koninkryk.

13U koninkryk is ’n ewige koninkryk en U heerskappy duur voort deur al die geslagte. (Peshitta) יהוה is getrou in Sy woorde en onpartydig opreg in al Sy dade.

14יהוה hou almal wat val regop en Hy lig almal op wat neergebuig is.

15Almal se oë wag op U en U gee hulle kos op die regte tyd.

16U maak U hand oop en versadig die begeerte in elke lewende wese.

17יהוה is regverdig in al Sy optredes en goedgunstig in al Sy werke.

18יהוה is naby aan almal wat uitroep na Hom, almal wat na Hom roep in waarheid.

19Hy sal die begeerte vervul van hulle wat Hom respekvol vrees en Hy sal ook hulle uitroep hoor en hulle red.

20יהוה beskerm almal wat Hom liefhet, maar Hy sal al die bose vernietig.

21My mond sal die lofprysing van יהוה uitspreek; laat alle vlees vir ewig en ewig goedpraat van Sy afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit).

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 144
Top of Page
Top of Page