Psalms 128
Afrikaans PWL
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Geseënd is elkeen wat יהוה respekvol vrees, wat in Sy lewenswyse leef,

2want jy sal die opbrengs van jou hande eet. Jy sal gelukkig wees en dit sal met jou goed gaan!

3Jou vrou sal wees soos ’n vrugbare wingerdstok in jou huis; jou seuns soos olyfboompies rondom jou tafel.

4Let op, so sal die man wat יהוה respekvol vrees, geseën word.

5יהוה sal jou seën vanuit Tziyon en jy sal die goeie van Yerushalayim sien, al die dae van jou lewe!

6Ja, jy sal jou kinders se kinders en vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid oor Yisra’el sien!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 127
Top of Page
Top of Page