Psalms 127
Afrikaans PWL
1’n Lied vir die opgaan na die feeste; van Shlomo. As יהוה die huis nie bou nie, werk die wat daaraan bou tevergeefs; as יהוה die stad nie bewaar nie, bly die wagter tevergeefs wakker.

2Dit is doelloos vir hulle wat vroeg opstaan, wat laat opbly; hulle eet brood van smarte, want Hy gee aan die een wat Hy liefhet dieselfde in sy slaap!

3Let op, seuns is ’n erfenis vanaf יהוהen die vrug van die baarmoeder is ’n beloning.

4Soos pyle in die hand van ’n magtige man, so is seuns van die jeug.

5Geseënd is die man wat sy pylkoker vol het daarvan! Hy sal nie beskaamd staan nie, maar met vyande in die poort praat.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 126
Top of Page
Top of Page