Psalms 120
Afrikaans PWL
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. In my benoudheid het Ek uitgeroep na יהוה en Hy het my gehoor.

2Bevry my lewe, o יהוה, van valse lippe en tonge wat mislei!

3Wat sal Hy vir jou gee of wat sal vir jou bygevoeg word, o tong wat mislei?

4Die pyle van die magtige manne is skerp, hulle is soos warm kole van eike.

5Wee my dat my vreemdelingskap verleng word in Meshekh en dat ek in die tente van Kedar bly!

6My lewe het lank gebly by hulle wat die vrede haat.

7Ek is vir vrede, maar as ek praat, baklei hulle met my.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 119
Top of Page
Top of Page