Psalms 108
Afrikaans PWL
1’n Lied, ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 My verstand, wil en emosie is gereed, o God. Ek sal sing en musiek maak, selfs vanuit my eer.

2Ontwaak my harp en lier! Ek self sal vroeg opstaan.

3Ek wil U loof en dank met uitgestrekte hande onder die volke, o יהוה en ek wil sing en musiek maak tot U, onder die nasies,

4want U goedheid is groot tot by die hemele en U waarheid tot by die hemel van hemele.

5Wees U opgelig, o God, bo die hemele en U grootheid bo die hele aarde

6dat dié vir wie U lief is, bevry kan word! Red my met U regterhand en antwoord my!

7God het gepraat in Sy Afgesonderdheid: “Ek sal spring van vreugde, Ek sal Sh’khem verdeel en die vallei van Sukkot afmeet.

8Gil’ad is Myne, M’nasheh is Myne, Efrayim is die krag van My kop, Y’hudah is My koning.

9Moav is My waskom, Edom sal My skoen losmaak, oor P’leshet sal Ek uitroep van vreugde.”

10Wie sal my bring tot in die versterkte stad? Wie sal my lei tot in Edom?

11Sal U nie, o God wat ons weggegooi het, sal U nie, o God, saam met ons menigtes uitgaan nie?

12Gee vir ons krag teen ons vyande, want nutteloos is die hulp van die mens.

13Deur God sal ons kragtig optree, want dit is Hy wat ons vyande sal vertrap.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 107
Top of Page
Top of Page