Spreuke 28
Afrikaans PWL
1Die bose vlug wanneer niemand hulle agtervolg nie, maar die regverdige is versekerd soos ’n leeu.

2As gevolg van die oortreding van ’n land het hy baie prinse, maar deur manne van insig wat regverdige oordeel ken, sal die stabiliteit daarvan verleng word.

3’n Arm man wat die armes onderdruk, is soos ’n swiepende reën wat tot geen voordeel is nie.

4Hulle wat die wet opgee, prys boosheid, maar hulle wat die wet onderhou, word versterk.

5Bose mense verstaan nie die regverdige oordeel nie, maar hulle wat יהוה soek, verstaan alle goeie dinge.

6Die arm man wat in sy opregtheid lewe, is beter as ’n ryk man wie se lewenswyse pervers is.

7Hy wat die wet onderhou, is ’n wyse seun, maar hy wat besig is met sinnelose boosheid, beskaam sy vader.

8Hy wat sy rykdom vermeerder deur rente en onregverdige wins, sal dit nalaat vir die een wat goed is vir die armes.

9Hy wat sy oor toedruk om nie na die wet te luister en dit te doen nie, selfs sy gebed is ’n verwerplikheid.

10Hy wat die regverdiges op ’n bose pad laat afdwaal, sal self in die put val, maar die opregtes sal goeie dinge erf.

11Die ryk man is wys in sy eie oë, maar ’n arm man met insig sal hom teregwys.

12Wanneer die regverdige sterk is, is daar groot lof en eer, maar as die bose tot krag kom, verdwyn die lof en eer.

13Hy wat sy oortredinge wegsteek, sal nie voorspoedig wees nie, maar hy wat sy sonde erken, bely en laat staan, sal liefdevolle omgee ontvang.

14Gelukkig is die man wat gedurigdeur respekvol vrees, maar hy wat sy verstand, wil en emosie verhard, sal in die boosheid verval.

15Soos ’n brullende leeu en ’n honger beer, so is ’n bose heerser oor die armes.

16’n Heerser wat ’n gebrek het aan insig, is ook ’n groot onderdrukker, maar hy wat bedrog haat, sal sy lewe verleng.

17’n Mens wat betrokke is by bloedvergieting sal selfs na die put toe vlug en niemand sal hom help nie.

18Hy wat opreg lewe, sal gered word, maar hy wat pervers is in sy lewenswyse, sal in ’n put val.

19Hy wat die land omploeg, sal ’n oorvloed van brood hê, maar hy wat agter nietighede aanjaag, sal volop armoede hê.

20’n Betroubare man het uitermatige seëninge, maar ’n bose man sal nie onskuldig wees nie.

21’n Man wat partydigheid wys, is nie goed nie; vir ’n stukkie brood sal ’n man ’n verraaier word.

22Hy wat hom haas om ryk te word het ’n bose oog (suinig) en dink nie daaraan dat armoede oor hom sal kom nie.

23Hy wat ’n mens teregwys, sal agterna meer guns vind, as hy wat vlei met sy tong.

24Hy wat sy vader of sy moeder beroof en sê: “Dit is geen oortreding nie,” hy is die metgesel van ’n bose man.

25Die hebsugtige verwek twis, maar hy wat sy vertroue op יהוה plaas, sal verryk word.

26Hy wat op sy eie verstand, wil en emosie vertrou, is ’n dwaas, maar hy wat in integriteit leef, sal bevry word.

27Hy wat aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie, maar hy wat sy oë wegdraai van die behoeftige, sal baie vloeke ontvang.

28Wanneer die bose opstaan, kruip mense weg, maar as hulle vergaan, vermeerder die regverdiges.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 27
Top of Page
Top of Page