Spreuke 27
Afrikaans PWL
1Beroem jou nie op môre nie, want jy weet nie wat ’n dag kan voortbring nie.

2Laat ’n vreemdeling jou prys en nie jou eie mond nie; ’n ander en nie jou eie lippe nie.

3’n Klip is swaar en sand het gewig, maar ’n dwaas se woede is swaarder as altwee.

4Toorn is wreed en woede is wreed, maar wie kan voor jaloesie staan?

5Openlike teregwysing is beter as bedrieglike vriendskap.

6Die wonde van ’n vriend is beter as die soene van ’n vyand.

7’n Persoon wat versadig is, verafsku die heuningkoek, maar vir ’n honger persoon is selfs wat bitter is, soet.

8Soos ’n voël wat ver van sy nes af vlieg, so is ’n man wat van sy tuiste af weggevat word.

9Soos olie en reukwater die gevoelens verbly, so ook die soetheid van ’n vriend deur opregte raad.

10Moenie jou vriend en die vriend van jou vader in die steek laat nie en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou katastrofe nie, want ’n buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver is.

11Wees wys, my seun en verbly my binneste en verwyder van my die beskuldigings van hulle wat my beskuldig.

12’n Man met onderskeiding voorsien die boosheid en steek homself weg, maar die dwaas gaan aan en ly skade.

13Die een wat borg staan vir ’n vreemdeling, se kleed sal van hom af weggevat word en as pand vir ’n vreemdeling gehou word.

14Hy wat sy vriend met ’n vleiende harde stem seën, is nie verskillend van hom wat vloek nie.

15Soos ’n aanhoudende gedrup op ’n reënerige dag, so is ’n twisgierige vrou.

16Die Noordewind is hard, maar dit word die regte wind genoem.

17Yster slyp yster, so verlig ’n man die gesig van sy vriend.

18Hy wat ’n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet en hy wat versigtig is vir sy meester, sal geëer word.

19Soos gesigte nie ooreenkom met gesigte nie, so kom die verstand, wil en emosies nie ooreen met mekaar nie.

20Sh’ol en vernietiging is nooit vol nie; so word die oë van ’n mens nie versadig nie.

21Soos die smeltkroes vir die silwer is en die oond vir die goud, so word ’n man getoets deur die monde wat hom eer. Die verstand, wil en emosie van die bose begeer boosheid en die verstand wil en emosie van die een wat liefdevolle goedheid gee, begeer kennis.

22Al slaan jy die dwaas in die middel van ’n vergadering, sal jy hom niks goeds doen nie en ook nie sy dwaasheid van hom laat wyk nie.

23Wanneer jy jou skape voed, ken hulle gesigte en konsentreer op die trop.

24Besittings is nie vir ewig nie en net so kan die kroon nie oorgedra word in ewige geslagte nie.

25Die gras spruit uit, die sagte gras wys hulleself en die kruie van die berge word bymekaargemaak.

26Die lammers is vir jou kleding en die boklammers vir jou onderhouding

27en die bokmelk is vir jou kos en die kos van jou huishouding.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 26
Top of Page
Top of Page