Spreuke 20
Afrikaans PWL
1Wyn is moeilikheid en dronkenskap is skandelik en wie ook al oormatig drink, is nie wys nie.

2Die woede van ’n koning is soos die gebrul van ’n leeu; hy wat hom tot woede tart, sondig teen sy eie lewe.

3Dit is ’n eer vir ’n man om op te hou met twis, maar elke dwaas sal homself daarin verheug.

4Wanneer die luiaard bestraf word, sal hy nie ophou nie; daarom sal hy tydens oestyd bedel, maar sal selfs nie water ontvang nie.

5Die raad in ’n koning se verstand is diep, maar ’n wyse man sal dit uittrek.

6Baie mense word as goedgunstig beskou, maar wie kan ’n betroubare man vind?

7Die regverdige man lewe in sy integriteit; geseënd is sy kinders na hom.

8’n Koning wat op die regterstoel sit, jaag alle boosheid van voor hom weg.

9Wie kan sê: “Ek het my verstand, wil en emosie skoongemaak, ek is rein van my sondes”?

10Wisselende gewigte en wisselende mates, hulle is beide verwerplik in die Teenwoordigheid van יהוה.

11Selfs ’n jongman word geken deur sy dade, of hulle suiwer is en of hulle reg is.

12’n Oor wat hoor en ’n oog wat sien; יהוה het hulle albei gemaak.

13Moenie die slaap liefhê sodat jy arm word nie; maak jou oë oop en jy sal met brood versadig word.

14“Dit is niks, dit is niks,” sê die koper en gaan dan weg en roem.

15Weer sê hy: “Hier is goud en ’n menigte kosbare stene en kosbare houers,” maar die lippe van kennis is kosbare juwele.

16Neem die kleed van hom wat borg staan vir ’n vreemdeling en vat dit as borg vir ’n vreemdeling.

17Hy wat borg staan vir ’n man deur onregverdige wins, sal agterna sy mond vol gruisklippies kry.

18’n Goeie plan word gevestig deur beraadslaging, maar deur uittarting word oorlog gemaak.

19Hy wat ’n geheim openbaar, veroorsaak stories; moet daarom nie meng met hom wat gou met sy lippe is nie.

20Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp sal geblus word.

21’n Erfenis wat aan die begin haastig verkry is, sal nie teen die einde geseënd wees nie.

22Moenie sê: “Ek sal boosheid terugbetaal,” nie, maar wag op יהוה dat Hy jou kan help.

23Wisselende gewigte is verwerplik in die Teenwoordigheid van יהוה en vals weegskale is nie goed nie.

24’n Man se voetstappe word deur יהוה gerig; wie is die man dan, wat sy eie lewenswyse kan rig?

25Dit is ’n strik vir die man wat belowe het om iets vir ’n afgesonderde plek te gee en dan agterna spyt is.

26’n Wyse koning verstrooi die bose en vermorsel hulle onder die wiel.

27Die gees van die mens is ’n lamp van יהוה, wat die dieptes van die innerlike deursoek.

28Liefdevolle goedheid en waarheid beskerm ’n koning en sy troon word gevestig deur goedheid.

29Die versiering van die jongmanne is hulle krag en die prag van ou manne is hulle grys hare.

30Ellende en foltering val op bose manne en houe slaan die binnekant van hulle liggame.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 19
Top of Page
Top of Page