Spreuke 2
Afrikaans PWL
1My seun, as jy My woorde sal aanvaar en My opdragte in jou bewaar,

2jou oor draai na wysheid, jou verstand, wil en emosie met insig toepas;

3ja, as jy uitroep na kennis en jou stem oplig na insig,

4as jy daarna soek soos na silwer en daarna soek soos na verborge skatte,

5dan sal jy die respekvolle vrees van יהוה verstaan en die kennis van God vind,

6want dit is יהוה wat wysheid gee; uit Sy mond kom kennis en insig.

7Hy stoor versekerde verwagting vir die opregtes, Hy help hulle wat vlekkeloos lewe;

8Hy bewaar die paaie van regverdige oordeel en beskerm die lewenswyse van Sy afgesonderdes;

9dan sal jy onpartydige opregtheid, regverdige oordeel en gelykheid van alle goeie paaie verstaan,

10wanneer wysheid in jou verstand, wil en emosie inkom en kennis vir jou lewe aangenaam is;

11onderskeidingsvermoë sal jou beskerm en die insig van die opregte sal jou bevry

12sodat jy bevry kan word van bose lewenswyses, van mense wat perverse dinge praat;

13wat die pad van opregtheid verlaat om op die pad van duisternis te loop;

14wat hulle verheug daarin om boosheid te doen en hulle verbly in die boosheid van bose dinge,

15manne wie se lewenswyses verdraaid is en wie se paaie pervers is.

16Wysheid sal jou bevry van die vreemde vrou, wat jou vlei met haar woorde,

17wat die moeder van haar jeug verlaat en die verbond van haar God vergeet het,

18want sy het die deurpos van haar huis vergeet en die rigting van haar paaie.

19Niemand wat na haar toe gaan, kom weer terug nie en onthou ook nie die pad van die lewe nie;

20daarom moet jy loop op die pad van goeie manne en bly op die pad van die regverdiges,

21want die opregtes sal in die land bly en die onbevlektes sal daarin oorbly,

22maar die goddelose sal van die aarde afgesny word en die oortreders sal daaruit ontwortel word.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 1
Top of Page
Top of Page