Numeri 7
Afrikaans PWL
1Op die dag toe Moshe die tabernakel klaar opgerig het, het hy dit gesalf en afgesonder, met al sy bybehore en die altaar met al sy bybehore; hy het dit gesalf en ook afgesonder. 2Toe het die leiers van Yisra’el, die hoofde van hulle vaders se huise, die leiers van die stamme, wat oor hulle wat getel is, gestaan het, offers gebring. 3Hulle het hul offers voor die Teenwoordigheid van יהוה gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; ’n wa vir twee leiers en ’n bees vir elkeen en hulle het dit voor die tabernakel aangebied. 4יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 5“Ontvang dit van hulle sodat dit gebruik kan word in die dienswerk van die Tent van Ontmoeting en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk.” 6Moshe het die waens en die beeste gevat en dit aan die Leviete gegee: 7twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gershon gegee, volgens hulle dienswerk; 8vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van M’rari gegee, volgens hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van Aharon, die priester, 9maar aan die seuns van K’hat het hy niks gegee nie, want die diens van die afgesonderde dinge het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.

10Die leiers het die inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is en die leiers het hulle offer voor die altaar aangebied. 11יהוה het vir Moshe gesê: “Hulle moet hulle offers bring, een leier elke dag, vir die inwyding van die altaar.

12Hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagshon, die seun van `Amminadav, van die stam van Y’hudah. 13Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 14een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 15een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 16een bokram, as sondoffer 17en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Nagshon, die seun van `Amminadav.

18Op die tweede dag het N’tan’el, die seun van Tzu’ar, die leier van Yissakhar, sy offer aangebied. 19Vir sy offer het hy geoffer: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 20een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 21een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 22een bokram as sondoffer 23en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van N’tan’el, die seun van Tzu’ar.

24Op die derde dag het Eli’av, die seun van Helon, die leier van die seuns van Z’vulun ’n offer aangebied. 25Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 26een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 27een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 28een bokram as sondoffer 29en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Eli’av, die seun van Helon.

30Op die vierde dag het Elitzur, die seun van Sh’de’ur, die leier van die seuns van Re’uven ’n offer aangebied. 31Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 32een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 33een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 34een bokram as sondoffer 35en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Elitzur, die seun van Sh’de’ur.

36Op die vyfde dag het Shlumi’el, die seun van Tzurishaddai, die leier van die seuns van Shim’on ’n offer aangebied. 37Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 38een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 39een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 40een bokram as sondoffer 41en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Shlumi’el, die seun van Tzurishaddai.

42Op die sesde dag het Elyasaf, die seun van Re’u’el, die leier van die seuns van Gad ’n offer aangebied. 43Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 44een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 45een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 46een bokram as sondoffer 47en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Elyasaf, die seun van Re’u’el.

48Op die sewende dag het Elishama, die seun van `Ammihud, die leier van die seuns van Efrayim ’n offer aangebied. 49Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 50een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 51een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 52een bokram as sondoffer 53en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Elishama, die seun van `Ammihud.

54Op die agtste dag het Gamli’el, die seun van P’dahtzur, die leier van die seuns van M’nasheh ’n offer aangebied. 55Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 56een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 57een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 58een bokram as sondoffer 59en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Gamli’el, die seun van P’dahtzur.

60Op die negende dag het Avidan, die seun van Gid’oni, die leier van die seuns van Binyamin ’n offer aangebied. 61Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 62een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 63een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 64een bokram as sondoffer 65en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Avidan, die seun van Gid’oni.

66Op die tiende dag het Agi’ezer, die seun van `Ammishaddai, die leier van die seuns van Dan ’n offer aangebied. 67Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 68een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 69een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 70een bokram as sondoffer 71en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Agi’ezer, die seun van `Ammishaddai.

72Op die elfde dag het Pag’i’el, die seun van `Okhran, die leier van die seuns van Asher ’n offer aangebied. 73Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 74een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 75een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 76een bokram as sondoffer 77en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Pag’i’el, die seun van `Okhran.

78Op die twaalfde dag het Agira, die seun van `Enan, die leier van die seuns van Náftali ’n offer aangebied. 79Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer; 80een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk; 81een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer; 82een bokram as sondoffer 83en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Agira, die seun van `Enan.

84Dit was die inwydingsoffer vir die altaar vanaf Yisra’el se leiers op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwer borde, twaalf silwer komme, twaalf goue panne, 85elke bord honderd en dertig sikkels silwer en elke kom sewentig; al die silwer van die artikels was twee duisend vier honderd sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; 86twaalf goue panne, vol reukwerk; elke pan tien sikkels volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; al die goud van die panne was honderd en twintig sikkels. 87Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme was twaalf, die lammers in hul eerste jaar twaalf, saam met hulle graanoffer en twaalf bokramme as sondoffer. 88Al die beeste vir die vredesoffer was vier en twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig en die lammers in hul eerste jaar sestig. Dit is die inwyding van die altaar nadat dit gesalf is.

89Wanneer Moshe in die Tent van Ontmoeting ingegaan het om met Hom te praat, het hy die Stem met hom hoor praat van bo die Toedekking af wat op die ark van die Getuienis is, van tussen die twee gérubs uit. So het Hy met hom gepraat.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Numbers 6
Top of Page
Top of Page