Mattheus 1
Afrikaans PWL
1Die boekrol van die geslagsregister van Yeshua, Die Gesalfde Een, Seun van Dawid, Seun van Avraham:

2Avraham was die vader van Yitz’gak; Yitz’gak was die vader van Ya’akov; Ya’akov was die vader van Y’hudah en sy broers; 3Y’hudah was die vader van Peretz en Zerag by Tamar; Peretz was die vader van Hetzron; Hetzron was die vader van Aram; 4Aram was die vader van `Amminadav; `Amminadav was die vader van Nagshon; Nagshon was die vader van Salmon; 5Salmon was die vader van Bo’az by Ragav; Bo’az was die vader van `Oved by Rut; `Oved was die vader van Yishai; 6Yishai was die vader van Dawid, die koning; Dawid was die vader van Shlomo by die vrou van Uríyah; 7Shlomo was die vader van Regav’am; Regav’am was die vader van Aviyah; Aviyah was die vader van Asa; 8Asa was die vader van Y’hoshafat; Y’hoshafat was die vader van Y’horam; Y’horam was die vader van `Uziyahu; 9`Uziyahu was die vader van Yotam; Yotam was die vader van Agaz; Agaz was die vader van Hizkiyahu; 10Hizkiyahu was die vader van M’nasheh; M’nasheh was die vader van Amon; Amon was die vader van Yoshiyah; 11Yoshiyah was die vader van Y’khonyahu en sy broers in die tyd van die gevangeskap na Bavel.

12Na die Bavelse gevangeskap was Y’khonyahu die vader van Sh’alti’el; Sh’alti’el was die vader van Z’rubavel; 13Z’rubavel was die vader van Avihud; Avihud was die vader van Elyakim; Elyakim was die vader van `Azzur; 14`Azzur was die vader van Tzadok; Tzadok was die vader van Yakhin; Yakhin was die vader van El’igud; 15El’igud was die vader van El’azar; El’azar was die vader van Mattan; Mattan was die vader van Ya’akov; 16Ya’akov was die vader van Yosef, die vader van Miryam, uit wie gebore is dié Yeshua wat Die Gesalfde Een genoem is.

17Al die geslagte vanaf Avraham tot by Dawid was daarom veertien; veertien geslagte vanaf Dawid tot by die Bavelse gevangeskap en veertien geslagte vanaf die Bavelse gevangeskap tot by Die Gesalfde Een.

18So het die geboorte van Yeshua, Die Gesalfde Een, gebeur: terwyl Sy moeder, Miryam, verloof was aan Yosef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind deur die toedoen van die Gees van Afsondering. 19Yosef, haar man, wat ’n man was wat gedoen het wat reg is en haar nie openbaar wou maak nie, het oorweeg om in die geheim van haar te skei, 20maar terwyl hy dit oorweeg het, verskyn daar ’n boodskapper van יהוה in ’n droom aan hom en sê: “Yosef, seun van Dawid, moenie bang wees om Miryam te vat as jou vrou nie, want Hy wat in haar verwek is, is van die Gees van Afsondering. 21Sy sal geboorte gee aan ’n Seun en sy sal Hom Yeshua noem, want Hy sal Sy mense van hulle sondes red.” 22Al hierdie dinge het gebeur sodat die woord vervul sou word wat יהוה deur die profeet gesê het: 23“Let op, die maagd sal swanger word en geboorte gee aan ’n Seun en hulle sal Hom Immanu’el noem.” wat beteken: ons Magtige God is by ons. 24Toe Yosef wakker word, het hy gedoen wat die boodskapper van יהוה hom beveel het om te doen en haar gevat as sy vrou, 25maar hy het nie ’n intieme verhouding met haar gehad voordat sy nie geboorte gegee het aan haar eerste Seun nie en hy het Hom Yeshua genoem.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Malachi 4
Top of Page
Top of Page