Lukas 3
Afrikaans PWL
1Tydens die vyftiende jaar van die regering van keiser Tiberius; toe Pontios Pilatos goewerneur was van Y’hudah, Herodes (heerser oor ’n kwart van die land) van die Galil en Filippos, sy broer, (heerser oor ’n kwart van die land) van Ituraia en die streek Tragonitus en Lisanias (heerser oor ’n kwart van die land) van Abilene, 2toe Hanan en Kayafa leierpriesters was, was die woord van God op Yoganan, die seun van Z’kharyah, in die wildernis 3en hy het gekom na die hele gebied rondom die Yarden en die doop van berou, belydenis en laat staan tot vergifnis van sondes verkondig,

4soos geskrywe is in die boek van die woorde van Yesha’yahu, die profeet, waar hy sê: “Die stem wat uitroep: ‘Berei die pad van יהוה in die wildernis en maak ’n pad vir ons God reguit op die vlakte.

5Elke vallei moet opgevul en elke berg en hoë plek gelyk gemaak word, die rowwe plekke sal glad wees en die moeilike plekke, ’n vlakte

6en almal sal die Lewe van God sien’.”

7Hy sê vir die skares mense wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: “Addergeslag! Wie het julle gewaarsku om te vlug van die wraak wat kom? 8Dra daarom vrugte wat by die berou en belydenis pas en moenie begin om by julleself te sê: ‘Avraham is ons vader’ nie, want ek sê vir julle dat God die vermoë het om uit hierdie klippe kinders vir Avraham te laat opstaan. 9Let op, die byl lê ook alreeds teen die wortel van die bome. Elke boom wat daarom nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en val in die vuur.”

10Die skare mense het hom gevra en gesê: “Wat moet ons dus doen?” 11Hy antwoord en sê vir hulle: “Wie twee kledingstukke het, moet gee aan hom wat nie het nie en wie kos het, moet dieselfde doen.” 12Belastinggaarders het ook gekom om gedoop te word en vir hom gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?” 13Hy antwoord hulle: “Moenie meer verwag as wat vir julle voorgeskryf is om in te vorder nie.” 14Die soldate het hom ook gevra en gesê: “En ons, wat moet ons doen?” Hy sê vir hulle: “Julle moet niemand seermaak of onreg aandoen nie en wees tevrede met julle salaris.”

15Wanneer die mense aan Yoganan gedink het, het almal in hulle verstand, wil en emosie bereken of Yoganan nie miskien Die Gesalfde Een was nie. 16Yoganan antwoord en sê vir hulle: “Let op, ek doop julle met water, maar Hy kom wat kragtiger is as ek, wie se sandaalbande ek nie waardig is om los te maak nie; Hy sal julle doop in die Gees van Afsondering en in vuur; 17Hy wat ’n hooivurk in Sy hand hou, Sy dorsvloer deeglik skoonmaak en die koring bymekaarmaak in Sy skure, maar die kaf met ’n onuitblusbare vuur verbrand.”

18Net so het hy ook baie ander dinge geleer en hy het die goeie boodskap aan die mense verkondig, 19maar toe Herodes, (heerser oor ’n kwart van die land), deur hom tereggewys is oor Herodias, die vrou van Filippos, sy broer en oor al die bose dinge wat hy gedoen het, 20het hy by alles nog bygevoeg om vir Yoganan in die tronk op te sluit.

21Dit het gebeur dat, tydens die tyd toe hy al die mense gedoop het, hy Yeshua ook gedoop het. Terwyl Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan 22en die Gees van Afsondering het in fisiese vorm, soos ’n duif, op Hom neergedaal en ’n stem het uit die hemel gekom wat sê: “Jy is My Seun, wat Ek liefhet; oor Wie Ek tevrede is.”

23Yeshua self was omtrent dertig jaar oud en Hy is beskou as die seun van Yosef, die seun van `Eli, 24die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Malki, die seun van Yannai, die seun van Yosef, 25die seun van Mattityahu, die seun van Amotz, die seun van Nagum, die seun van Gesli, die seun van Naggai, 26die seun van Magat, die seun van Mattityahu, die seun van Shim’i, die seun van Yosef, die seun van Y’hudah, 27die seun van Yoganan, die seun van Reisha, die seun van Z’rubavel, die seun van Sh’altiel, die seun van Neriyah, 28die seun van Malki, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmodam, die seun van `Er, 29die seun van Y’hoshe, die seun van `Eli’ezer, die seun van Yoram, die seun van Mattat, die seun van Levi, 30die seun van Shim’on, die seun van Y’hudah, die seun van Yosef, die seun van Yonan, die seun van Elyakim, 31die seun van Mal’ah, die seun van Manah, die seun van Mattatah, die seun van Natan, die seun van Dawid, 32die seun van Yishai, die seun van `Oved, die seun van Bo’az, die seun van Salmon, die seun van Nagshon, 33die seun van `Amminadav, die seun van Aram, die seun van Hetzron, die seun van Peretz, die seun van Y’hudah, 34die seun van Ya‛akov, die seun van Yitz’gak, die seun van Avraham, die seun van Terag, die seun van Nagor, 35die seun van S’rug, die seun van Re’u, die seun van Peleg, die seun van `Ever, die seun van Shelag 36die seun van Kenan, die seun van Arpakhshad, die seun van Shem, die seun van Noag, die seun van Lemekh, 37die seun van Metushelag, die seun van Hanokh, die seun van Yered, die seun van Mahalal’el, die seun van Kenan, 38die seun van Enosh, die seun van Shet, die seun van Adam, die seun van God.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Luke 2
Top of Page
Top of Page