Levitikus 21
Afrikaans PWL
1יהוה het vir Moshe gesê: “Praat met die priesters, die seuns van Aharon en sê vir hulle: ‘Niemand moet hom vir ’n dooie onder sy volksgenote onrein maak nie; 2behalwe vir sy naby familie: vir sy moeder, sy vader, sy seun, sy dogter en sy broer; 3asook vir sy suster wat ’n maagd is, naby aan hom, wat nie aan ’n man behoort het nie, vir haar mag hy hom onrein maak. 4Hy sal hom ook nie onrein maak vir aangetroude familie onder sy volk en homself so onteer nie. 5Hulle mag geen bles deel op hul koppe maak nie, die rand van hulle baard nie weg skeer en geen snye maak in hulle vlees nie. 6Hulle moet afgesonderd wees tot hulle God en die Naam (Karakter en Outoriteit) van hulle God nie onteer nie, want hulle offer die offers van יהוה met vuur en die brood van hulle God; daarom moet hulle afgesonder wees. 7Hulle mag geen vrou trou wat hoereer of ’n onteerde is nie en ’n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie trou nie, want hy is afgesonder tot sy God. 8Jy moet hom daarom afsonder omdat hy die brood van jou God offer. Hy moet vir jou afgesonder wees, want Ek, יהוה, is Afgesonder, wat julle afsonder. 9As die dogter van ’n priester haarself onteer deur te hoereer, onteer sy haar vader. Sy moet met vuur verbrand word.

10Die hoofpriester onder sy broers, op wie se kop die salfolie uitgegooi is en wat afgesonder is om die klere aan te trek, mag sy kop nie ontbloot en sy klere nie skeur nie 11en hy mag naby geen dooie kom nie en hom selfs nie vir sy vader en moeder onrein maak nie; 12hy mag ook nie uit die Afgesonderde Plek uitgaan nie sodat hy die Afgesonderde Plek van sy God nie onteer nie, want die toewyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is יהוה. 13Hy moet ’n vrou vat wat ’n maagd is. 14’n Weduwee, een wat verstoot is, ’n onteerde of ’n hoer, moet hy nie vat nie, maar ’n maagd uit sy eie volk, moet hy as vrou vat 15sodat hy nie sy saad onder sy volksgenote onteer nie, want Ek is יהוה, wat hom afsonder.’”

16יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 17“Praat met Aharon en sê: ‘Niemand uit jou nageslag, in hulle geslagte, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag naderkom om die kos van sy God te offer nie,

18want niemand met ’n liggaamsgebrek, mag naderkom nie: ’n man wat blind of lam of vermink of misvorm is, 19of ’n man wat ’n gebreklike voet of hand het, 20of wat ’n boggel het of ’n dwerg of wat ’n vlek in sy oog het of skurfte of uitslag het of vergruisde skaamdele het. 21Geen man uit die nageslag van Aharon, die priester, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag naderkom om die offers deur vuur tot יהוה te offer nie. ’n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die kos van sy God te offer nie. 22Hy mag van die kos van sy Magtige God eet, beide die mees afgesonderde en die afgesonderde, 23maar hy mag nie ingaan na die verdelingsgordyn of naderkom aan die altaar nie omdat daar ’n liggaamsgebrek aan hom is sodat hy My Afgesonderde Plek nie onteer nie, want Ek is יהוה, wat hulle afsonder.’ “ 24So het Moshe gepraat met Aharon en sy seuns en met al die seuns van Yisra’el.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Leviticus 20
Top of Page
Top of Page