Josua 19
Afrikaans PWL
1Toe het die tweede lot op Shim’on geval, vir die stam van die seuns van Shim’on volgens hulle families en hulle erfenis was in die middel van die erfenis van die seuns van Y’hudah. 2Hulle het as hulle erfenis: Be’er-Sh’va, Sh’va, Moladah, 3Hatzar-Shu’al, Balah, `Etzem, 4El-Tolad, B’tul, Hormah, 5Ziklag, Beit-Hammarkavot, Hatzar-Susah, 6Beit-L’va’ot en Sharugen; dertien stede met hulle dorpe; 7`Ayin, Rimmon, `Eter en `Ashan: vier stede met hulle dorpe 8en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, so ver as tot by Ba’alat-Be’er, Ramah van die Suidland (Negev) gekry. Hierdie is die erfenis van die stam van die seuns van Shim’on volgens hulle families. 9Die erfenis van die seuns van Shim’on het uit die deel van die seuns van Y’hudah gekom omdat die deel van die seuns van Y’hudah vir hulle te groot was; die seuns van Shim’on het dus ’n erfenis ontvang in die middel van Y’hudah se erfenis.

10Nou die derde lot het opgekom vir die seuns van Z’vulun volgens hulle families. Die gebied van hulle erfenis was so ver as tot by Sarid. 11Vandaar het hulle grens opgeloop na die weste na Mar’alah en geraak aan Dabbéshet en die spruit wat voor Yokne’am loop, bereik; 12dan draai dit van Sarid af ooswaarts, na die sonsopkoms, so ver as die grens van Kislot-Tavor en aan na Dovrat en op na Yafia; 13van daar af hou dit ooswaarts aan na die sonsopkoms, na Gat-Hefer, na `Et-Katzin en loop aan na Rimmon wat uitstrek tot by Ne’ah. 14Die grens loop rondom dit aan die noorde tot by Hannaton en eindig by die Vallei van Yiftag’el; 15asook Kattat, Nahalal, Shimron, Yid’alah en Beit-Legem: twaalf stede met hulle dorpe. 16Hierdie was die erfenis van die seuns van Z’vulun, volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe.

17Die vierde lot het op Yissakhar geval, vir die seuns van Yissakhar volgens hulle families; 18hulle gebied was tot by Yizre’el en sluit in: K’sullot, Shunem, 19Hafarayim, Shi’on, Anagarat, 20Rabbit, Kishyon, Evetz, 21Remet, `Ein-Gannim, `Ein-Hadda en Beit-Patzetz. 22Die grens het geloop tot by Tavor, Shagatzimah en Beit-Shemesh en hulle gebied eindig by die Yarden: sestien stede met hulle dorpe. 23Hierdie is die erfenis van die stam van die seuns van Yissakhar, volgens hulle families; die stede met hulle dorpe.

24Die vyfde lot het op die stam van die seuns van Asher geval, volgens hulle families. 25Hulle gebied was: Helkat, Hali, Beten, Akhshaf, 26Allammelekh, `Am’ad en Mish’al en dit het weswaarts gekom tot by Karmel en tot by Shigor-Livnat. 27Dit draai na die ooste, na Beit-Dagon en tot by Z’vulun en die Vallei van Yiftag-El, noordwaarts tot by Beit-`Emek en Ne’i’el; dan hou dit aan noord tot by Kavul, 28`Evron, Regov, Hammon en Kanah tot so ver as Groot-Tzidon. 29Die grens draai na Ramah en na die vestingstad Tzor; dan draai die grens na Hosah en eindig by die see, by die streek van Akhziv 30`Ummah, Afek en Regov: twee en twintig stede met hulle dorpe. 31Hierdie is die erfenis van die stam van die seuns van Asher, volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe.

32Die sesde lot het op die seuns van Naftali geval, vir die seuns van Naftali, volgens hulle families; 33hulle grens was vanaf Helef, vanaf die eikeboom by Tza’ananim, Adami-Nekev en Yavne’el tot so ver as Lakkum en dit eindig by die Yarden. 34Dan draai die grens weswaarts na Aznot-Tavor en loop daarvandaan aan na Hukkok en bereik Z’vulun in die suide en raak aan Asher in die weste en aan Y’hudah, na die ooste toe, by die Yarden. 35Die versterkte stede is: Tziddim, Tzer, Hammat, Rakkat, Kinneret, 36Adamah, Ramah, Hatzor, 37Kedesh, Edre’i, `Ein-Hatzor, 38Yir’on, Migdal-El, Horem, Beit-`Anat en Beit-Shemesh: negentien stede met hulle dorpe. 39Dit is die erfenis van die stam van die seuns van Naftali, volgens hulle families; die stede met hulle dorpe.

40Die sewende lot het geval op die stam van die seuns van Dan, volgens hulle families. 41Die gebied van hulle erfenis was: Tzor’ah, Eshta’ol, `Ir-Shemesh, 42Sha’alabin, Ayalon, Yitlah, 43Eilon, Timnah, `Ekron, 44Elt’keh, Gibb’ton, Ba’alat, 45Y’hud, B’nei-Berak, Gat-Rimmon, 46Me-Yarkon en Rakkon, saam met die gebied teenoor Yafo. 47Die gebied van die seuns van Dan was nie voldoende vir hulle nie; daarom het die seuns van Dan opgetrek en teen Leshem geveg en dit ingeneem. Toe het hulle dit met die skerpte van die swaard verslaan, dit in besit geneem en daarin gebly en hulle het Leshem Dan genoem volgens die naam van hulle vader, Dan. 48Hierdie is die erfenis van die stam van die seuns van Dan, volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe.

49Toe hulle klaar die land volgens sy grense as erfenis verdeel het, het die seuns van Yisra’el aan Y’hoshua, die seun van Nun, ’n erfenis tussen hulle gegee. 50Volgens die bevel van יהוה het hulle vir hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die Bergland van Efrayim. Hy het die stad opgebou en daarin gaan bly.

51Dit is die erfenisse wat El’azar, die priester, Y’hoshua, die seun van Nun en die familiehoofde van die stamme van die seuns van Yisra’el as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Shiloh, voor die Teenwoordigheid van יהוה, by die ingang van die Tent van Ontmoeting. So het hulle klaar die land verdeel.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Joshua 18
Top of Page
Top of Page