Josua 17
Afrikaans PWL
1Nou, hierdie was die lot vir die stam van M’nasheh omdat hy die eersgeborene van Yosef was: Makhir, die eersgeborene van M’nasheh, die vader van Gil’ad, het omdat hy ’n krygsman was, Gil’ad en Bashan gekry; 2so ook die res van die seuns van M’nasheh, volgens hulle families: vir die seuns van Avi’ezer, vir die seuns van Helek, vir die seuns van Asri’el, vir die seuns van Sh’khem, vir die seuns van Hefer en vir die seuns van Sh’mida; hierdie is die manlike kinders van M’nasheh, die seun van Yosef, volgens hulle families.

3Tz’lof ’gad, die seun van Hefer, die seun van Gil’ad, die seun van Makhir, die seun van M’nasheh, het egter nie seuns gehad nie, maar net dogters en hierdie is die name van sy dogters: Maglah, No’ah, Hoglah, Milkah en Tirtzah. 4Hulle het nader gekom voor El’azar, die priester, voor Y’hoshua, die seun van Nun en voor die leiers en gesê: “יהוה het Moshe beveel om ons ’n erfenis te gee tussen ons broers.” Volgens die bevel van יהוה, het hy vir hulle ’n erfenis gegee onder die broers van hulle vader. 5Daar het dus tien dele aan M’nasheh toegeval, behalwe die land Gil’ad en Bashan wat oorkant die Yarden lê 6omdat die dogters van M’nasheh ’n erfenis ontvang het onder sy seuns en die land Gil’ad het aan die res van die seuns van M’nasheh behoort.

7Die grens van M’nasheh het geloop vanaf Asher na Mikhm’tat, wat oos van Sh’khem is; dan loop die grens suidwaarts na die inwoners van `Ein-Tappuag. 8Die land van Tappuag het aan M’nasheh behoort, maar Tappuag, op die grens van M’nasheh, aan die seuns van Efrayim. 9Die grens loop af na die spruit van Kanah, suidwaarts van die spruit, (hierdie stede, onder die stede van M’nasheh, behoort aan Efrayim) en die grens van M’nasheh is aan die noordekant van die spruit en eindig by die see. 10Die suidekant behoort aan Efrayim en die noorde aan M’nasheh en die see is hulle grens en hulle raak in die noorde aan Asher en in die ooste aan Yissakhar. 11In Yissakhar en Asher het M’nasheh vir Beit-Sh’an met sy dorpe, Yivle’am met sy dorpe, die inwoners van Dor met sy dorpe, die inwoners van `Ein-Dor met sy dorpe, die inwoners van Ta’anakh met sy dorpe en die inwoners van Megiddo met sy dorpe, drie hoogtes, besit. 12Die seuns van M’nasheh kon egter nie hierdie stede in besit neem nie omdat die Kena’aniete daarheen gevlug het en daarin gebly het. 13Dit het gebeur, toe die seuns van Yisra’el sterker geword het dat hulle die Kena’aniete dwangarbeid laat doen het, maar hulle het hul nie geheel en al uitgedryf nie.

14Toe het die seuns van Yosef met Y’hoshua gepraat en gesê: “Waarom het u my net een lot en een aandeel gegee as erfenis terwyl ek ’n groot hoeveelheid mense is vir wie יהוה tot hiertoe geseën het?” 15Y’hoshua het vir hulle gesê: “As jy ’n groot hoeveelheid mense is, trek dan op na die woud en kap vir jou daar ’n plek skoon in die land van die P’riziete en van die Refa’iete, aangesien die Bergland van Efrayim vir jou te nou is.” 16Die seuns van Yosef het gesê: “Die Bergland is nie genoeg vir ons nie en al die Kena’aniete wat in die valleie bly, het ysterwaens, beide dié wat in Beit-Sh’an met sy dorpe is en dié wat in die vallei van Yizre’el is.” 17Y’hoshua het met die huis van Yosef, met Efrayim en met M’nasheh gepraat en gesê: “Jy is ’n groot hoeveelheid mense en jy het groot krag; jy sal nie net een lot hê nie, 18maar die Bergland sal joune wees, want alhoewel dit ’n woud is, sal jy dit skoon kap en dit sal joune wees tot by sy verste grense, want jy sal die Kena’aniete uitdryf, al het hy ysterwaens, al is hy sterk.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Joshua 16
Top of Page
Top of Page