Jona 2
Afrikaans PWL
1(2:2) Toe het Yonah tot יהוה, sy God, gebid vanuit die maag van die vis

2(2:3) en hy het gesê: “Uit my benoudheid het ek יהוה aangeroep en Hy het my geantwoord. Vanuit die diepte van Sh’ol het ek uitgeroep om hulp; U het my stem gehoor,

3(2:4) want U het my in die diepte gegooi, in die binneste van die seë en die stroom het my ingesluk; al U deinings en golwe het oor my gegaan.

4(2:5) Ek het gesê: ‘Ek is uit U Teenwoordigheid verban, nogtans sal ek weer in die rigting van U afgesonderde tempel kyk.

5(2:6) Water het my omring tot op die punt van die dood, die groot vis het my ingesluk, seegras was om my kop gedraai.

6(2:7) Ek het afgegaan tot by die wortels van die berge, die aarde met sy tralies was vir ewig rondom my, maar U het my lewe uit die put uit opgebring, יהוה, my God!

7(2:8) Terwyl ek weggetaan het, het ek יהוה onthou en my gebed het, in U afgesonderde tempel, na U toe gekom.

8(2:9) Die wat nietige afgode erken, verlaat hulle vertrouenswaardigheid,

9(2:10 maar ek sal tot U offer met ’n stem van danksegging. Dit wat ek beloof het, sal ek betaal. Redding is vanaf יהוה.”

10(2:11) Toe het יהוה die vis beveel en dit het Yonah op die droë grond uitgespoeg.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Jonah 1
Top of Page
Top of Page