Yoganan 17
Afrikaans PWL
1Nadat Yeshua hierdie dinge gesê het, het Hy Sy oë na die hemel opgelig en gesê: “My Vader, die tyd het gekom. Bring eer en lof aan U Seun sodat U Seun U kan eer en loof, 2soos U Hom outoriteit oor alle vlees gegee het sodat Hy aan alle vlees wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. 3Dít is die ewige lewe: dat hulle U en Hom wat deur U gestuur is, Yeshua, Die Gesalfde Een, sal ken, want U alleen is die God van Waarheid. 4Ek het U vereer en geloof op die aarde. Die dade wat U My gegee het om te doen, het Ek voltooi.Hand 3:13 met die Gemanifesteerde Teenwoordigheid wat Ek by U gehad het voordat die heelal was.Yog 1:1; Kol 1:15 5Nou, Vader, vereer en loof My in eenheid met Uself

6Ek het U Outoriteit en Karakter openbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, U het hulle aan My gegee en hulle het U boodskap gehoorsaam. 7Nou weet Ek dat alles wat U My gegee het, uit U Teenwoordigheid kom, 8want die boodskappe wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek vanuit eenheid met U uitgegaan het. 9Ek bid vir hulle, Ek het nie vir die wêreld gebid nie, maar vir dié wat U My gegee het omdat hulle aan U behoort en vertrou het dat U My gestuur het. 10Alles wat Myne is, is U s’n en wat U s’n is, is Myne en Ek is in hulle vereer en geprys. 11Van nou af is Ek nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld en Ek kom na U toe, Afgesonderde Vader, bewaar hulle in U Outoriteit en Karakter, wat U vir My gegee het sodat hulle een kan wees, net soos Ons.Ps 41:10 12Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in U Outoriteit en Karakter bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek wag gehou en nie een van hulle is vernietig nie, behalwe die seun van die vernietiging sodat die Skrifte vervul sou word,

13maar nou kom Ek na U toe en Ek sê hierdie dinge in die wêreld sodat My blydskap volkome in hulle kan wees. 14Ek het U boodskap aan hulle gegee en die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie vanuit die wêreld is nie, net soos Ek nie vanuit die wêreld is nie. 15Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld uit wegvat nie, maar dat U hulle teen die bose sal beskerm. 16Hulle is nie vanuit die wêreld nie, net soos Ek nie vanuit die wêreld is nie.2 Sh'm 7:28 17Vader, sonder hulle af in U waarheid, want U boodskap is die waarheid. 18Net soos U My in die wêreld ingestuur het, net so het Ek hulle ook in die wêreld ingestuur 19en Ek sonder Myself af vir hulle sodat hulle ook in waarheid afgesonderd kan wees.

20Ek bid egter nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle boodskap in My sal vertrou 21sodat hulle almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U is en dat hulle ook in Ons een mag wees.

22Ek het aan hulle die Gemanifesteerde Teenwoordigheid gegee wat U My gegee het sodat hulle een kan wees, net soos Ons Een is sodat die wêreld kan vertrou dat U My gestuur het; 23Ek in hulle en U in My sodat hulle volledig een kan wees en sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. 24Vader, Ek wil dat hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees waar Ek is sodat hulle My Gemanifesteerde Teenwoordigheid kan sien, wat U My gegee het omdat U My liefgehad het, van voor die vorming van die wêreld af.

25My Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken en hulle hier het verstaan dat U My gestuur het. 26Ek het U Outoriteit en Karakter aan hulle openbaar en sal voortgaan om dit te openbaar sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, tussen hulle kan wees en Ek in hulle.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse Vertaling (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
John 16
Top of Page
Top of Page