Johannes 15
Afrikaans PWL
1אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die ware Wingerdstok en My Vader is die Wingerdboer. 2Elke loot wat in My nie vrugte dra nie, sny Hy weg en elke loot wat vrugte dra, dié snoei Hy sodat dit meer vrugte kan dra. 3Julle is nou reeds rein deur die boodskap wat Ek vir julle gebring het. 4Bly voortdurend in My, soos Ek in julle. Net soos die tak geen vrugte kan dra uit homself, as dit nie in die wingerdstok bly nie, net so julle ook, as julle nie voortdurend in My bly nie. 5אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Wingerdstok, julle is die takke. Wie voortdurend in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. 6As ’n sekere persoon nie voortdurend in My bly nie, word hy buite weggegooi soos ’n tak en verdroog en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur om te verbrand. 7As julle voortdurend in My bly en wat Ek gesê het in julle, sal julle vra net wat julle wil en dit sal vir julle gedoen word. 8Hierin is My Vader vereer en geloof deurdat julle baie vrugte dra en so sal julle My studentevolgelinge wees. 9Net soos die Vader My voortdurend liefhet, het Ek julle ook net so voortdurend lief. Hou aan in My vriendskap. 10As julle My opdragte uitvoer, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die opdragte van My Vader uitvoer en in Sy liefde bly. 11Dit het Ek vir julle gesê sodat My vreugde voortdurend in julle kan bly en julle vreugde volledig kan wees.

12Dit is My opdrag: dat julle mekaar voortdurend moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

13Daar is nie groter liefde as dit nie: dat iemand sy lewe sal neerlê ter wille van sy vriende. 14Julle is My vriende as julle alles sal doen wat Ek julle beveel. 15Hierna noem Ek julle nie meer slawe nie omdat die slaaf nie weet wat sy meester doen nie, maar Ek het julle vriende genoem omdat Ek alles wat Ek van My Vader hoor, aan julle bekendmaak. 16Julle het My nie gekies nie, maar Ek kies julle en stel julle aan om vrugte te gaan dra wat blywend is sodat wat julle die Vader ook al in My Outoriteit en Karakter vra, Hy julle sal gee. 17Hierdie dinge beveel Ek julle sodat julle mekaar moet liefhê

18en as die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het. 19As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eie liefgehad het, maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het; daarom haat die wêreld julle. 20Onthou die boodskap wat Ek vir julle gebring het: ‘Daar is nie ’n slaaf wat groter is as sy meester nie.’ As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle My boodskap gehoorsaam het, sal hulle julle s’n ook gehoorsaam. 21Al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van My Outoriteit en Karakter omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie. 22As Ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle geen sonde hê nie, maar nou is daar geen verwydering voor die gesig van hulle sonde nie. (Hulle sonde is weggesteek gelaat.) 23Wie My ook al haat, haat ook My Vader. 24As Ek nie die dade voor hulle oë gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie 25sodat die boodskap wat in hulle wet geskryf is, vervul moes word: “Hulle het My sonder oorsaak gehaat, maar nou het hulle gesien en ook My en selfs My Vader gehaat,”

26Wanneer die Bevryder en Lewegewer, wat Ek vir julle van My Vader se Teenwoordigheid af sal stuur, die Gees van die Waarheid, Hy wat van die Teenwoordigheid van My Vader af uitgaan, gekom het, sal Hy van My getuig, 27maar julle getuig ook, julle wat van die begin af saam met My is.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
John 14
Top of Page
Top of Page