Joël 1
Afrikaans PWL
1Die boodskap van יהוה wat tot Yo’el, die seun van P’tu’el, gekom het.

2Luister hierna, o oudstes en luister, al die inwoners van die land! Het so iets in julle dae of in die dae van julle vaders gebeur?

3Vertel julle seuns daarvan en laat julle seuns dit aan hulle seuns vertel en húlle seuns aan die volgende geslag.

4Wat die knaagsprinkaan laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvretersprinkaan verslind.

5Word wakker, dronkaards en huil! Treur, al julle wyndrinkers, oor die soetwyn wat afgesny is van julle mond,

6want ’n magtige en ontelbare nasie het my land ingeval; sy tande is die tande van ’n leeu en dit het die slagtande van ’n leeuin.

7Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit het hulle skoon gestroop en weggegooi; hulle takke het wit geword.

8Treur soos ’n maagd, omgord met ’n roukleed, oor die bruidegom van haar jeug.

9Die graanoffer en die drankoffer is afgesny van die huis van יהוה. Die priesters, die bedienaars van יהוה, treur.

10Die veld is verwoes, die land treur, want die graan is verwoes, die nuwe wyn droog op, nuwe olie faal.

11Wees beskaamd, o landbouers; treur, o wynboere; oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land vernietig is.

12Die wingerdstok verdroog en die vyeboom faal; die granaat, asook die palm en die appelboom, al die bome van die land verdroog. Inderdaad, vreugdevolheid droog op vanuit die seuns van ’n mens.

13Omgord julleself en weeklaag, o priesters; huil, o bedienaars van die altaar! Kom, oornag in rouklere, o bedienaars van my God, want die graanoffer en die drankoffer word teruggehou van die huis van julle God.

14Sonder ’n vasdag af, roep ’n ernstige byeenkoms uit; versamel die oudstes, al die inwoners van die land, in die huis van יהוה, julle God en roep uit tot יהוה.

15O, die dag, want die dag van יהוה is naby en dit sal kom as ’n vernietiging vanaf die Almagtige.

16Is kos nie voor ons oë afgesny nie; blydskap en vreugde vanuit die huis van ons God?

17Die saad krimp weg onder hulle kluite, die stoorkamers is verlate, die store is afgebreek, want die koring het opgedroog.

18Hoe sug die diere! Die troppe beeste dwaal doelloos, want daar is geen weiding vir hulle nie; selfs die troppe kleinvee kry swaar.

19Tot U, o יהוה, roep ek uit, want ’n vuur het die weivelde van die wildernis verteer en die vlam het al die bome van die veld afgebrand.

20Selfs die diere van die veld smag na U, want die waterstrome het opgedroog en vuur het die weivelde van die wildernis verteer.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Hosea 14
Top of Page
Top of Page